ADVERTISEMENT:

 

 
 

Weer tyd vir gewilde kalenderfoto-kompetisie

Date: 13 November 2014 By: Andries van Zyl

Die streek se fotograwe kan begin nader staan, want dit is weer tyd vir die Zoutpansberger  en Limpopo Mirror se gewilde jaarlikse kalenderfoto-kompetisie.

Oudergewoonte word daar gesoek na daardie spesiale foto wat die uniekheid van die Soutpansberg-streek uitbeeld en enige iemand staan die kans om deel van die R8 400 in vanjaar se kompetisie op te raap.

Fotograwe kan ‘n maksimum van vyf foto’s inskryf. Die foto’s moet in die Soutpansberg-streek geneem wees, maar wildlewe foto’s vanuit die Kruger Nasionale Wildtuin is ook welkom. Slegs hoë-resolusie digitale foto’s sal aanvaar word, geen selfoonfoto’s nie. Die foto’s kan in hoë resolusie per e-pos gestuur word, of op CD ingehandig word by die kantore van die Zoutpansberger te Joubertstraat 16B in Makhado (Louis Trichardt). Elke inskrywing moet vergesel wees van die fotograaf se naam, kontakbesonderhede, waar die foto geneem is en met watter kamera dit geneem is.

Uit die inskrywings sal die koerantgroep 12 wenfoto’s kies wat opgeneem sal word in ‘n A2-formaat, volkleur 2014-kalender. Elk van die wenfoto’s sal teen R700 by die fotograaf aangekoop word. Die kalender sal deur die Zoutpansberger en Limpopo Mirror gebruik word vir bemarkingsdoeleindes, maar sal ook aan die publiek beskikbaar gestel word om te koop teen ‘n minimale bedrag.

“Alhoewel daar na tegniese aspekte van die foto gekyk sal word, soos helderheid, resolusie en kleur, moet die foto uiteindelik net ‘n mooi kalenderprentjie maak. Enige iemand kan dus inskryf en jy hoef nie noodwendig  ‘n professionele fotograaf te wees nie,” sê Andries van Zyl, nuusredakteur van die Zoutpansberger. Inskrywings sluit op Vrydag, 28 November om 12:00.

Vir meer inligting oor die kompetisie, skakel Andries by tel. 082 603 2419 of 015 516 4997 (tydens kantoorure). Inskrywings kan ook aan hom gestuur word per e-pos na [email protected].

 

 
 
 

Viewed: 378

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Een van die praginskrywings wat reeds ontvang is. Die foto is geneem deur fotograaf Ralda van Wyk met haar Canon EOS 7D.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT