ADVERTISEMENT:

 

 
 

KwaggaBees het weer altwee dae van die InniBerg Fees opgtree en gaste vermaak met ou bekende liedjies sowel as met van hul eie liedjies. Links is Bees en regs is Kwagga.

Feesgangers erg in hul noppies met Inni Berg

Date: 06 August 2015 By: Isabel Venter

     Musiek 

Vanjaar se Inni Berg Fees [foto gallery] was oudergewoonte ‘n opskop partytjie soos min, en daar is voorwaar gekuier.

Die feesorganiseerders is ook in hulle noppies met die feit dat die feesgangersgetalle van 2 000 in 2014 gegroei het tot en met 3 000 tydens verlede week se fees. Uitstallers se beursies het gebult; baie het bekendgemaak dat hulle tot dubbel soveel meer wins as vorige jare gemaak het tydens die fees.

Ongetwyfeld was Vrydag- en Saterdagaand se twee gaskunstenaars die groot trekpleister vir die fees. Adam Tas en Karlien van Jaarsveld het meer as 1000 feesgangers gelok elke aand. Van die ander sangers, soos NRG (word uitgespreek as energie), en Armand Hofmeyr het weer die jonger feesgangers aan die skoffel gekry dat die stof so staan.

Vir die hongeriges was daar kosstalletjies om van te kies en keur. Die bekende Dopperburger van die Dopperkuierkafee was sekerlik dié burger van die fees gewees. Dan was daar ook ander plaaslike en nie-plaaslike uitstallers wat kom spog het met hul produkte. “Elkeen was werklik op sy eie vlak van hoë kwaliteit – sonder uitsondering,” het die skoolhoof en mede-organiseerder, mnr. Orion Theron, gesê.

Hierdie jaar het die top drie plekke vir beste uitstallers gegaan aan MoodSwingz (eersteplek), Sniper (tweedeplek) en AudioSat (derdeplek).

Die Inni Berg Fees is ‘n jaarlikse instelling van die CVO Skool Zoutpansberg en vorm deel van die skool se verskeie fondsinsamelingsprojekte. “Die skool gee met opregte dank aan God al die eer vir al die suksesse wat ons fees die jaar beleef het,” het Theron gesê.

Die feesorganiseerders het ook die volgende borge bedank: Die Grasdak – Karlien van Jaarsveld en Adam Tas se verblyf geborg;  André en Martie Naudé  – Kwaggabees se verblyf geborg; P&L Fietsryklub, Talisman, Vhavenda Bricks (kragopwekkers), CW Burger (gholf karretjie), Coca-Cola, Palm Motors, SAB, Maggalies (Sap), Vyna Tarp, Event FX, Armand Hofmeyr, Mashovhela Lodge, Makhado SAPD, Estelle Kemp, Salon Lu-iz, Salon Daphne, Ronja Janse van Rensburg, Ans Pienaar, U-Print, Jomarica, organiseerders en elke ouer betrokke, uitstallers, feesgangers en elke kunstenaar, Elect2Temp, Lunaka, Ben en Maureen van der Merwe, Vonitel, Terra Marique Sekuriteit, Madikor, Kraizy Daisy, Nada’s Ark, NG Haantjie Kerk en AP Kerk Louis Trichardt.

Volgende jaar se Inni Berg Fees se datums is ook reeds bekend gemaak en sal wel plaasvind op 29 en 30 Julie.

 
 
 

Viewed: 572

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Facebook het die afgelope naweek gewemel van selfies wat by vanjaar se Inni Berg Fees geneem is. Crystal van der Schyff het sommer vir 'n paar geposeer om te kan spog met haar pragtige geverfde gesiggie.

Adam Tas.

Die gewilde Karlien van Jaarsveld het gesorg vir 'n tent vol feesgangers.

Die HyperX  pretrit was meer soos 'n adrenalienrit gewees, en net een van vele pretritte wat kinders kon geniet tydens hierdie jaar se Inni Berg Fees wat verlede week van Vrydag tot Saterdag aangebied is.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT