ADVERTISEMENT

 
 

 

Ek was verstom, verbaas en ontnugter toe ek lees van die kinderverkragter wat “dalk” vrygelaat word.

Wat ‘n teleurstelling. Het die regter die meisie of die ma gekontak om ook hulle kant van die storie/saak te hoor? Of was hulle mening of getuienis nie nodig nie, aangesien daar reeds besluit is dat die ma en meisie verkeerd opgetree het? Is daar ook na die meisie se sielkundige en psigiatriese verslae gekyk? Hoe kan ‘n negejarige ( sy was nege en nie 11 nie) ‘n seksuele aksie geniet en hoekom sal sy daaroor jok?

Al ses die foto’s is van dieselfde rekenaar en dieselfde weggesteekte “folder” uitgedruk - met dieselfde datums.

Hoe weet ek al die dinge? Wel, ek is die meisie se ma. Ek het op die foto’s afgekom en uitgedruk. Die foto’s is in ons slaapkamer geneem. Wie ken ‘n man se liggaam beter as sy eie vrou?
Ek kan steeds nie glo dat die man vrygelaat gaan word nie. My dogter is bang dat hy haar sal opsoek.

Aan die gemeenskap van  Louis Trichardt wil ek sê:  Beskerm julle dogters. Vertel hulle van pedofiele en dat hul wel bestaan. Ons land het elke November ‘n 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, maar as ons regstelsel ons as vrou en kind faal, waarheen gaan ons dan?

Ja, ek is ‘n bekommerde ouer. My kind is daardeur en probeer steeds die stukkies optel.

- Anoniem

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT