ADVERTISEMENT

 
 

 

Hoërskool Louis Trichardt se matriekgroep van 1975 hou eerskomende naweek hul 40-jaar-reünie.
Die gesellighede begin reeds Vrydag wanneer die oud-Triegies by die skool se dameskoshuis byeenkom om te kyk hoeveel van hulle mekaar nog herken na soveel jare. Die meer amptelike program is egter eers om 18:00 wanneer ‘n skaapbraai gehou word.

Saterdag se verrigtinge begin met ‘n gesellige ontbyt by die koshuis en die groep het dan geleentheid om die dag verder te kuier en die plekke uit die verlede te besoek. Die gaste gaan hul eie middageteby die koshuis voorberei.

Die reünie word Saterdagaand afgesluit met ‘n dinee by die koshuis. Die drag is dan effens meer formeel, maar tog is die klem op ontspanning en lekker saamkuier. Die gaskunstenaar vir die aand is Dewald Dippenaar.

Oud-Triegies, onderwysers vanuit daardie tyd en ander persone wat graag die reünie wil bywoon, kan Robbie Robbertze skakel by 083 2647139.

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT