ADVERTISEMENT

 
 

 

Te midde van groot hartseer het die Lordan-familie en vriende die groot taak aangepak en die hele Levubu Begraafplaas skoongemaak. 

Alles wat nie reg was nie, is nou reg. Onkruid is verwyder, oop areas is met neutdoppe of klippies bedek, bome is gesnoei, ou grafte is weer skoon en netjies gemaak en baie meer. 
Namens die Levubu-gemeenskap sê ons ‘n groot dankie. Dit gaan nie ongesiens verby nie.  Dankie Carel en Gerhard.

Ons innige meegevoel met die afsterwe van Nico; die gemeenskap dra jul op in ons gebede.

- Ralda Van Wyk

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT