ADVERTISEMENT

 
 

 

Oom Hennie Gouws van Ons Tuiste het die volgende gedig opgedra aan die tehuis & mev Kittie de Bruin:

Ná baie jare is ons nou tuis
word ons gevoed met die nodige in ons huis.
Die nuwe spruite pas ook aan en is gesond,
ook hulle is gewortel in die grond.

‘n Skewe outjie hier en daar,
word met liefde beskerm van gevaar.
So groei ons daagliks hier tuis,
en is gesond in ons huis.

‘n Verskeidenheid van denke en tog eensgesind,
kry ons van Hom die antwoord, die lyding
liefdelik soos ‘n kind.

Met blydskap begroet ons elke nuwe dag
want, ons is verseker wat vir ons wag.

Vir die ewigheid wat voorlê hierna,
het Hy ons skulde alles gedra.
Daarom, alle eerbied aan Hom ons Vader.
Ons groot dag van ontmoeting kom nader.

Sy wat met liefde en deernis na ons omsien
en die mooi dinge hier bedien,
kom toe die nodige agting en eer,
wat ons haar toegee van die Heer.

Seëninge aan jou en jou geliefdes.
Ons sê dankie vir wie jy is.

 

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT