ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic Image

Leraar verskyn in hof oor vermiste wapen(s)

Date: 09 August 2013 By: News Correspondent

‘n Leraar van Makhado (Louis Trichardt) het verlede Vrydag vir ‘n tweede keer in die plaaslike landdroshof verskyn op klagte wat verband hou met beweerde oortredinge van die Vuurwapenwet.

Volgens die klagstaat sal die 58-jarige Philip Arnoldus Venter, leraar van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente, teregstaan op klagte wat verband hou met die nalatige verlies van ‘n vuurwapen(s)  en bedrog.

Venter het op 5 Julie vir die eerste keer vlugtig in die hof hier verskyn op die klagte. Sy saak is egter na Vrydag, 2 Augustus, uitgestel vir verdere polisie-ondersoek. Tydens Venter se verskyning Vrydag het sy regsverteenwoordiger gevra dat die saak weer uitgestel moet word, aangesien hulle eers afskrifte van die polisiedossier wil bekom. Die Staat het nie die versoek teengestaan nie.

Venter is steeds nie gevra om op enige van die klagte te pleit nie. Hy is wel gewaarsku om weer op 27 Augustus by die hof teenwoordig te wees.

 
 
 

Viewed: 543

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT