ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die swemseisoen het aangebreek en die werk aan die munisipale swembad in Makhado (Louis Trichardt) is nie voltooi soos beplan is nie.

Somer reeds hier, maar geen water in swembad

Date: 26 September 2014 By: Linda van der Westhuizen

Die voltooidatum vir die werk aan die munisipale swembad in Makhado (Louis Trichardt) was 30 Junie vanjaar, maar feitlik drie maande later en met die swemseisoen fluks aan die gang, begroet ‘n teleurstellende gesig besoekers aan die swembad.

Die teëls binne die 737m²  swembad is uitgekap, soos wat dit reeds baie weke gelede was, ‘n watertenk pryk op ‘n skewe staander en verder lê hope stene vir die plaveisel om die swembad rond, terwyl ‘n eensame werker kruiwaens met sand aanry in voorbereiding vir die plaveisel. Daar was hierdie week aktiwiteit op die terrein te bespeur, wat ‘n besliste verbetering was op die besoeke in vorige maande, waar niemand behalwe die sekuriteitswag aangetref is nie.

Die projek is amptelik deur die burgemeester, rdl. David Mutavhatsindi, op 20 Mei van stapel gestuur. Die Makhado Munisipaliteit het op 23 September gesê dat die rede waarom die swembad nog nie klaar is nie, is dat daar “volgens die kontrakteur ‘n vertraging was in die verkryging van spesifieke tipe materiale wat gebruik moet word”.

Die waarde van die projek is net onder die R500 000. Volgens die munisipaliteit het die diensverskaffer sover sowat R173 000 ontvang. “Die waarde van die werk sover is R168 560 en daar is ‘n retensiefooi van R16 000,” het die flinke antwoord van die munisipaliteit gelui.

Intussen word die westelike deel van die terrein vir ‘n bergingsplek vir munisipale trokke en voertuie gebruik wat op ‘n vendusie verkoop moet word. “Dit is net ‘n tydelike maatreël,” het die munisipaliteit gesê.

Met Septembermaand tradisioneel die begin van die swemseisoen is die skole en swemklubs genoodsaak om alternatiewe reëlings te tref aangesien die munisipale swembad nie voltooi is, soos beplan is nie. “Die Soutpansberg Swemklub het ‘n ooreenkoms met Laerskool Soutpansberg aangegaan om die skool se swembad te gebruik. Hoërskool Louis Trichardt se interhuis swemgala sal ook volgende week daar plaasvind.

"Ons wil nou die dinge aan die gang kry,” het swemafrigter en personeellid by die hoërskool Charl Venter gesê. Die skool was betrokke by stuurkomitee vergaderings. “Een van die beheerraadslede, mnr. Dries Briers, het begin om as kundige in raadgewende hoedanigheid op te tree,” het Hoërskool Louis Trichardt se skoolhoof, mnr. Theo Muller, gesê.

 

 
 
 

Viewed: 342

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT