ADVERTISEMENT:

 

 
 

Opkomende akteur, dramaturg, regisseur en vervaardiger Jannes Erasmus (regs) is hierdie week in Makhado (Louis Trichardt) om te help met die afronding van Hoërskool Louis Trichardt se tienertoneel, Harnas, met skrywer en regisseur Marcel van Niekerk (links).  Erasmus se  eenman-vertoning, Smaarties  “kan kompeteer met van die beste eenman-stukke in die land” en het in die staatsteater geopen. Twee van Erasmus se dramas  gaan by Clover Aardklop se Nasionale Kunstefees opgevoer word.

Jong akteur deel kennis met Triegie-toneelgroep

Date: 26 September 2014 By: Linda van der Westhuizen

Opkomende akteur, dramaturg, regisseur en vervaardiger Jannes Erasmus is hierdie week in Makhado (Louis Trichardt) om te help met die afronding van die tienertoneel, Harnas, van Hoërskool Louis Trichardt.

Dit is ook goed om te weet dat Erasmus sy eenman-vertoning, Smaarties, volgende jaar na die dorp toe gaan bring.

Smaarties is in die Die Reviewer beskryf as ‘n produksie wat “kan kompeteer met van die beste eenman-stukke in die land” nadat die stuk in April vanjaar in die Suid-Afrikaanse Staatsteater in Pretoria geopen het. Smaarties gaan ook in Oktober by Clover Aardklop se Nasionale Kunstefees opgevoer word. Derde verdieping,  met Erasmus as regisseur en opgevoer deur professionele akteurs, sal ook by Aardklop te siene wees.

Hierdie week span Erasmus (23) sy talente in om saam met regisseur Marcel van Niekerk finaal aan die teks van Harnas te slyp. “Ons lê meer klem op die erns van die onderwerp,” het Jannes gesê. Ook die toneelspel geniet aandag. “Ons maak die karakters se karaktertrekke ‘n bietjie meer gedefinieerd en die toneelspel word ‘n trappie gelig,” het Jannes gesê. Hy is vol entoesiasme oor Harnas se deelname aan die finaal van die ATKV se Tienertoneelkompetisie. “Ek dink persoonlik hulle gaan Aardklop uitboul. Almal weet van mensehandel, maar min mense word werklik daarmee gekonfronteer. Hierdie stuk dwing jou om standpunt oor hierdie onderwerp in te neem,” het Erasmus gesê. Erasmus het sewe skole gehelp met slypskole vir hul ATKV Tienertoneelstukke en glo daarin om elke kind so te hanteer dat hy of sy nooit ophou droom nie.

Van Niekerk het gesê dat die skool se toneelgroep hierdie week marathon oefensessies inpas in die klein tydjie wat hulle het ná die matriekeksamen en vóór die saal vir die matriekafskeid ontruim moet word. Hulle beoog ook ‘n vertoning van Harnas vir die dorp na afloop van Aardklop, wanneer dit ingepas kan word met die matrieks se besige program.

Erasmus het melding gemaak van hoe heg die plaaslike toneelgroep is en die besonderse ondersteuning wat hulle van die skool se kant af ontvang. Harnas speel op 7 Oktober om 11:30 by die Hoër Tegniese Skool Potchefstroom en weer daar op 8 Oktober om 14:00. Die ATKV Tienertoneel prysuitdeling vind op Vrydag, 10 Oktober plaas, en die twee beste stukke in die land word dan albei die Vrydag en die Saterdag opgevoer. Erasmus is ook deur die ATKV gevra om die finaal van die tienertoneel by Aardklop se sosiale mediadekking te doen en kan gevolg word op Twitter by @ATKVSA of @Jannes_Erasmus#Tienertoneel50

 
 
 

Viewed: 253

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT