ADVERTISEMENT:

 

 
 

Moenie dat depressie jou onderkry nie

Date: 22 January 2015 By: News Correspondent

Ná aanleiding van die tragiese gebeure verlede week rondom die skielik dood van die Soutpansberg se geliefde dr. André van der Walt, het die depressie-ondersteuningsgroep van Louis Trichardt ‘n ernstige beroep op inwo­ners gedoen om betrokke te raak by die groep se aktiwiteite.

“Ds. Kriel het op dokter André se begrafnis ware woorde gepreek: Jy is meer as wat jy van jouself dink en voel en jy is meer as wat ander mense van jou dink. Die mens is kosbaar, maar soms word ons almal deur emosies van eensaamheid, moedeloosheid en waardeloosheid oorval,” sê me. Hester Beukes van die ondersteu­ningsgroep.

Beukes het in die lig van die onlangse gebeure almal wat tans worstel met hierdie emosies, uitgenooi om dringend met hulle te skakel vir ‘n een-tot-een gesprek. “Ons wil graag die hele Januarie en Februarie hieraan wy. Indien u ‘n persoon ken wat ondersteuning nodig het, skryf vir ons of skakel ons gerus. U kan selfs ‘n geliefde anoniem by ons aanmeld,” het Beukes gesê.

Die depressie-ondersteuningsgroep se eerste vergadering van die jaar vind in Maart plaas. Beukes sê verdere besonderhede oor waar en wanneer die vergadering sal plaasvind, sal nader aan die tyd bekend gemaak word. Intussen nooi sy mense om hulle te skakel by 072 262 8646 (Violet), 084 616 2355 (Hester) of 082 256 6423 (Elize).

Alternatiewelik kan daar aan hulle geskryf word by Posbus 85, Louis Trichardt, 0920.

 
 
 

Viewed: 155

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT