ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die prefekte van Laerskool Louis Trichardt wys hul medeskoliere hoe rekspring werk.

Passiewe kinders nie meer geduld nie

Date: 23 January 2015 By: Isabel Venter

Passiewe leerlinge gaan nie meer geduld word by Laerskool Louis Trichardt nie.

Dit is danksy ‘n nuwe inisiatief wat die skool se prefekte hierdie jaar die lig laat sien het. Hierdie aksieplan mik daarna om meer vaardige, fikse en ratse Triegies te ontwikkel.

Die prefekte het agtergekom dat leerlinge van alle ouderdomme gedurende pouse net passief rondsit. Meeste kinders het ook nie geweet hoe om tou te spring, wat ‘n tol is (of hoe dit werk nie) of hoe daar met albasters gespeel word nie.

Dit alles het nou verander. Onder toesig van die prefekte leer die ander skoliere nou hoe om tou te spring, handjietennis te speel en rek te spring. Die prefekte hou ook nie net toesig nie, maar onderrig ook hulle medeskoliere.

 
 
 

Viewed: 266

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Rondlê tydens pouses by Laerskool Louis Trichardt is nou iets van die verlede. Chaney Weyers wys hoe sy al kan touspring terwyl een van die prefekte ‘n ogie hou.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT