ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die nuwe Graad R’e van Laerskool Louis Trichardt het verlede Woensdag ‘n spesiale besoek van die skool se gelukbringer, Triegie Duiker, ontvang. Die jongspan het hom entoesiasties gedruk en plegtig belowe om waardige Triegies te wees. Saam met Triegie Duiker agter staan die skool se hoofseun en -meisie Gerhardus Fourie en Suandrie Corbett. Foto verskaf.

Triegie Duiker verwag net beste van kinders

Date: 23 January 2015 By: Isabel Venter

Die 2015 leerlingraad van Laerskool Louis Trichardt het die nuwe jaar afgeskop met ‘n groot verrassing vir die skool. 

Hulle het op die eerste skooldag van 2015 ‘n nuwe toevoeging tot die Triegie-familie gemaak tydens saalopening, met die bekendstelling van ‘n eie gelukbringer (mascot) vir die skool, naamlik Triegie Duiker.

Triegie Duiker mag egter slegs in Triegieland aanbly solank as wat die leerlinge van die skool aan die hoof, mnr. Louis Linde, se voorwaardes voldoen. 

Dit behels dat elke Triegie aan ten minste een sportsoort en een kultuuraktiwiteit moet deelneem, asook alle skoolbyeenkomste bywoon om hul mede-Triegies te ondersteun. Verder verwag Linde dat elke Triegie hard moet leer en na eie vermoë presteer.  Laastens moes die leerlinge aan die hoof bewys dat hulle ‘n wengees het en waardig is om die verrassing te ontvang.

Die leerders se deelname, bywoning en prestasie sal deur die loop van die jaar gemonitor word om te bepaal of die Duiker ook in 2016 en toekomstige jare by die skool mag aanbly. Die Triegies en hulle onderwysers het bewys dat hulle ‘n wengees het deur die skoolkreet so hard te skree dat Linde nie anders kon as om in te stem nie.

Die prefekte het onderneem om die leerders te motiveer en toe te sien dat elke leerder hul belofte nakom.

 
 
 

Viewed: 250

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Die Triegie Duiker, afgeneem saam met hoofseun Gerhardus Fourie (links) en hoofmeisie Suandrie Corbett (regs). Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT