ADVERTISEMENT:

 

 
 

SBBV administreer nou self fonds

Date: 26 February 2015 By: News Correspondent

Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging het aangekondig dat hulle lede se munisipale rekeninge voortaan deur die vereniging self geadministreer sal word.

Hulle het hul lede versoek om in die toekoms hul rekening by die vereniging se kantoor te kom betaal. “Lede wat per Internet betaal moet van nou af direk in die Belastingbetalers se rekening inbetaal,” het die vereniging gesê en lede versoek om hul bestuurder, mnr. Phillip Olivier, te skakel vir die bankbesonderhede.

Die vereniging het ook aangekondig dat die kommissie wat lede in die verlede betaal het, afgebring is na 3%. “Dus word ons diens nou goedkoper omdat ons heelwat besparings teweeg gebring het. Ons planne vir die toekoms is oneindig, en buiten om moedelose mense by te staan met die uitsorteer van hul rekeninge, hou ons vol om druk toe te pas op die munisipaliteit rakende strate, riool, belastings, ensovoorts deur ons gereelde vergadering met die munisipaliteit om hul dienslewering te bespreek.  Ons beoog ook hofaksie in die toekoms rakende tariewe en erfbelasting,” het Olivier gesê.

Olivier het ook ‘n beroep gedoen op boere om in groter getalle aan te sluit. “Ons is van plan om al ons lede as partye by ons hofsaak te voeg en daarom is dit belangrik dat almal sorg dat hul ledegeld opbetaal is, en dat rekeninge deur ons kantoor geadministreer word. Ons doen ‘n beroep op mense om by ons aan te sluit om seker te maak dat hul name as partye tot ons hofsaak betreffende belasting en glyskaaltariewe gevoeg word,” het Olivier gesê.

Die vereniging se kantoor is geleë in die Sentraal-gebou (kamer 5) in Erasmusstraat, oorkant LTT Brake & Clutch. Olivier kan geskakel word by tel. 082 679 8324 of 071 657 3415. Alternatiewelik kan ‘n e-pos na hom gestuur word by [email protected]

 

 
 
 

Viewed: 226

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT