ADVERTISEMENT:

 

 
 

Me. Kittie de Bruin, dinamiese bestuurder van Ons Tuiste in Louis Trichardt, vier op 23 Maart vanjaar 'n kwarteeu van diens by die gewilde instansie.

Kittie kry erkenning vir kwarteeu van diens

Date: 27 March 2015 By: Linda van der Westhuizen

Waaraan het inwoners van ‘n ouetehuis ‘n behoefte? Buiten dat hul geliefdes hul nooit moet afskeep nie,  is daar die behoefte aan goeie versorging, ‘n ordelike omgewing en die vastigheid wat goeie bestuur verleen.

Dis juis hier waar Ons Tuiste Ouetehuis in Louis Trichardt ‘n juweel het in me. Kittie de Bruin, wat die afgelope kwarteeu daar werksaam is. Sy het op 23 Maart 1990 haar opwagting by Ons Tuiste gemaak, eers in die hoedanigheid van hoof administratiewe beampte tot einde Junie 2003, waarna sy met gemak in die pos van bestuurder ingestap het en tot vandag toe die leisels stewig vashou.

“Kittie is ‘n dinamiese mens en baie streng, die beste bestuurder wat jy kan kry. Almal is gelukkig en baie lief vir haar. Ons hoop sy kan nog 25 jaar bly,” het die raadsvoorsitter, me. Alida Jongbloed, op 10 Maart net voor hul raadsvergadering aan die Zoutpansberger gesê.  

Die inwoners is vol lof vir hul bestuurder. “Sy stel ons oumense in alle omstandighede eerste. Sy regeer met ‘n ysterhand, maar het altyd ‘n vriendelike glimlaggie. Sy is 'n wonderbaarlike mens en word elke dag deur die genade van God gedra,” het een van die inwoners dit mooi opgesom.

Suster Santie Jonker het gesê dat hulle baie komplimente kry, omdat die tehuis so skoon is en alles so glad verloop. Sy het dit toegeskryf aan hulle bestuurder wat sorg dat dit so bly. Dit is geen wonder dat Ons Tuiste ‘n gewilde versorgingsoord met lang waglyste is nie.

Dit is duidelik dat haar werk by Ons Tuiste Kittie se passie is. “Ek sal dit vir niks verruil nie. Die ouetehuis is my huis. Ek slaap maar net by die huis,” sê sy met haar kenmerkende glimlaggie. Sy moet baie druk en fluktuerende emosies kan hanteer. Dit het al gebeur dat twee bejaardes gelyk afsterf, sy haar eie smart oor hulle het, hul families moet vertroos en die middag twee nuwe bejaardes en hul families vrolik moet verwelkom.

Kittie bedank graag die personeel vir hul oop hande en deurlopende betrokkenheid by ons Tuiste, haar lojale en hardwerkende personeel en die bestuur wat altyd haar hand vashou. Op 63-jarige ouderdom sien die flinke me. Kittie de Bruin kans vir nog lank, maar sê dat haar dienstydperk uitsluitlik van die bestuur sal afhang.

 

 
 
 

Viewed: 209

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT