ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic Image

Vonnis bring verligting vir sooibrand

Date: 17 April 2015 By: Isabel Venter

Sooibrand? Die hof kan dalk daarmee help.

‘n Veedief, wat vandeesweek in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn het vir vonnisoplegging, se sooibrand is vinnig genees toe hy direkte tronkstraf vrygespring het.

Die 19-jarige Thivandavha Tshivhulu het Maandag skuldig gepleit op ‘n klag van veediefstal. Voor vonnisoplegging het hy egter gekla van erge sooibrand en gevra dat die hof verdaag voor vonnisoplegging. Sy versoek is van die hand gewys, en die hof het voortgegaan om sy straf uit te deel.

Tshivhulu se sooibrand mag dalk opgeklaar het deur ‘n opgeskorte vonnis, maar hy is streng vermaan deur die hof. “Steel jy net een hoender of selfs ‘n vuurhoutjie uit die boksie, sal sooibrand die minste van jou probleme wees, want dan sal jy vergaan in die tronk!” het die landdros vir Tshivhulu gesê.

Tshivhulu is in April verlede jaar in hegtenis geneem, nadat hy sewe Bonsmaras by mnr. Johannes Barnardt se plaas op Alldays gesteel en verkoop het. Danksy samewerking tussen die Alldays en Makhado SAPD se veediefstaleenhede is die beeste, ter waarde van R70 000, opgespoor en aan Barnardt terugbesorg.

Tshivhulu het skuldig gepleit op die klag van veediefstal teen hom. Die saak het lank gedraai omdat daar nog ‘n tweede beskuldigde was, wat later weer vrygelaat is nadat die saak teen hom teruggetrek is.

Tshivhulu is gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf wat vir ‘n tydperk van vyf jaar opgeskort is.

“Ek het nou nie meer sooibrand nie,” het hy gesê toe die hof hom daarna gevra het. “Ek gaan nou ‘n werk soek,” het ‘n duidelik verligte Tshivhulu gesê.

 

 
 
 

Viewed: 205

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT