ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

SAID lê beslag op goud en koper

Date: 15 May 2015 By: Isabel Venter

Die polisie is op soek na die verdagtes wat vandeesweek miljoene rande se goud en koper die land probeer insmokkel het.

Amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag op die goud, ter waarde van sowat R24 miljoen, en 279 kg koper beslag gelê by die Beitbrug Grenspos.

“Die insittendes van ‘n Toyota Quantum bussie het weggejaag tydens ‘n inspeksie van die voertuig. SAID-amptenare het die bussie agternagesit, en die bussie gejaag tot by Waterpoort, waar dit gelos is en die verdagtes op die vlug geslaan het,” het SAID-woordvoerder mnr. Luther Lebelo gesê.

Lebelo het bevestig dat die saak aan die polisie oorhandig is om verder te ondersoek. Die goud en koper is ook na die polisie se laboratoriums gestuur vir analise.

 

 
 
 

Viewed: 207

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT