ADVERTISEMENT:

 

 
 

Bonnema-egpaar

Derde verdagte vas

Date: 24 August 2015 By: Isabel Venter

‘n Derde verdagte is aangekeer in verband met die aanval op die Bonnema-egpaar van Levubu. Twee gemaskerde mans het vir Jan en sy vrou Elise op 27 Julie in hul plaashuis oorval en wreed aangerand. Beide is onder meer met ‘n panga toegetakel en die rowers kon daarin slaag om met Jan se rewolwer en haelgeweer te vlug.

Die eerste twee verdagtes is op 2 Augustus naby Mashau aangekeer. Hulle is Maxwell Sonti Matamela (24) en Gezani Maswanganyi (25). Volgens die polisie is drie vuurwapens in hul besit gevind, asook 59 rondtes lewendige ammunisie. Twee van die wapens is positief uitgeken as dié wat tydens die Bonnema-aanval gebuit is. Die oorsprong van die derde vuurwapen word nog ondersoek.

Die derde verdagte in die saak, Itani Master Magwaba (25), is kort voor Maswanganyi en Matamela se tweede hofverskyning verlede week gearresteer. Hy het verlede Vrydag saam met hulle in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op twee klagte van roof met verswarende omstandighede.

Hulle het nie borg ontvang nie en sal in aanhouding bly tot hulle volgende hofverskyning op 14 September.

 
 
 

Viewed: 284

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT