ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle oom Paul Botha. Foto verskaf.

Hy het diep spore getrap

Date: 28 August 2015 By: Andries van Zyl

Oom Paul Botha, wat deur die jare diep spore in die Soutpansberg getrap het, is Vrydagaand in die Eugene Marais Hospitaal in Pretoria na ‘n kort siekbed in die ouderdom van 79 jaar oorlede.

Dit was veral sy jarelange verbintenis met die munisipaliteit op Louis Trichardt waarvoor hy onthou sal word.

As jong man begin hy in 1957 werk by die verkeersafdeling in Pretoria en op 7 Junie 1958 tree hy in die huwelik. Twee jaar later, in 1961, gaan hy oor na die destydse TPA (Transvaalse Provinsiale Administrasie) waarna hy in 1962 na Louis Trichardt verplaas word.

Hier aangekom, begin hy by die destydse Louis Trichardt Munisipaliteit werk in 1963 en in 1964 word hy hoof van die plaaslike verkeersafdeling. Hy tree ook later op as hoof van die plaaslike brandweer en die eertydse Burg B (Burgerlike Beskerming). Op meer sosiale vlak sal baie oud-raadslede hom met deernis onthou as kroegman tydens Raadsvergaderings.

Wyle oom Paul het uit diens getree in 1992. Buiten vir sy munisipale loopbaan, sal hy ook onthou word vir sy eie busdiens wat hy vir skoolkinders bedryf het vir bykans 25 jaar tussen Louis Trichardt, Musina en Polokwane. Hy word oorleef deur sy vrou, tannie Das, kinders Francois (met skoondogter Lynette), Mari (met skoonseun Willie Jooste), Marius (met skoondogter Elna), nege kleinkinders en nege agterkleinkinders.

Wyle oom Paul se begrafnisdiens vind Maandag, 31 Augustus, om 12:00 vanuit die Gereformeerde Kerk Louis Trichardt plaas. Sy teraardebestelling vind om 13:00 op plot 13 Vondeling plaas.

 
 
 

Viewed: 196

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT