ADVERTISEMENT:

 

 
 

M.M.E Jacobz. 

As op ashoop laat talle vrae oor die oorsprong daarvan

Date: 05 September 2015 By: Isabel Venter

Wie was M. M. E. Jacobsz? Dié persoon se as is op ‘n vullishoop ontdek en was dit nie vir die ingrype van ‘n Zoutpansberger-leser nie, het dit amper permanent op die munisipale vullishoop beland.

“Dit is ontstellend dat iemand sommer net ‘n persoon se as net so kan weggooi,” het mnr. Schalk Piater, wat die kissie met as ontdek het, gesê. Hy was besig om toesig te hou oor ‘n skoonmaak-aksie by ‘n huis in Jeppestraat verlede Donderdag, 27 Augustus. Die huis te Jeppestraat 16 B moet ontruim en skoongemaak word, sodat dit in kantore omskep kan word.

Agter die huis, in die hoek van die erf, was daar ‘n hoop tuinvullis. Tussen al die blare het die span skoonmakers Jacobsz se as in ‘n klein houtkissie ontdek. Hulle wou dit sommer weggooi, maar oom Schalk het dit gered en na die koerant gebring in die hoop dat die familie opgespoor kan word.

Op die houtkissie is ‘n plaatjie met Jacobsz se naam daarop gegraveer. Hierdie Jacobsz was maar 53 jaar oud gewees en is volgens die plaatjie gebore op 14 Junie 1954 en oorlede op 11 Februarie 2008. Die kissie is nog steeds geseël.

In ‘n poging om uit te vind wie dié Jacobsz was, het die koerant vinnig agtergekom dat Jacobsz nie ‘n van is wat volop is in Louis Trichardt of die res van Suid-Afrika nie. Plaaslike begrafnisondernemings is geskakel, maar nie een het ‘n rekord gehad van enige Jacobsz nie. Die koerant het ook nie ‘n doodsberig kon vind in hul argiewe nie.

Lesers word gevra om die koerant by te staan om die moontlike familie van wyle M. M. E Jacobsz op te spoor, sodat die as terugbesorg kan word. Persone wat kan help, kan vir Isabel skakel by 015 516 4996.

 
 
 

Viewed: 359

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Mnr. Schalk Piater met die kissie wat hulle op 'n hoop tuinvullis ontdek het. 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT