ADVERTISEMENT:

 

 
 

Philip Faure, een van die nuwe gesigte by die Lajuma Navorsingsentrum, tydens 'n opleidingsessie by Buysdorp. Foto verskaf.

Philip wil boere help om probleemdiere te beheer

Date: 09 October 2015 By: Isabel Venter

Navorsing kan boere en grondeienaars help om skade te beperk wat deur probleemdiere veroorsaak word.

Die Durham Universiteit se Primate and Predator Project (PPP) is seker een van die belangrikste rolspelers in dié opsig en is gestasioneer by die Lajuma Navorsingsentrum in die westelike hange van die Soutpansberg. Hierdie sentrum se navorsing is daarop gemik om boere en plaaslike gemeenskappe nie net in harmonie te sien leef met hul omgewing nie, maar ook op ‘n volhoubare wyse.

Daar het hierdie jaar ‘n nuwe gesig aangesluit by die projek.

Philip Faure, ‘n Suid-Afrikaner, is tans aktief betrokke by die projek en het ‘n goedgewortelde kennis van die bosveld asook wild- en plaasbestuur. Hy is al reeds ‘n maand besig en sy doel is om nader kennis te maak met die plaaslike gemeenskap en sodoende te help met roofdiere wat dreig om ‘n verpesting te word op plase.  

“Of u nou probleme ervaar met luiperds, hiënas, jakkalse, bobbejane, ape of ystervarke, ek wil graag help,” sê Philip. Hy werk tans vanaf die hoof veldkantoor van Lajuma, aan die westekant van die Soutpansberg.

Philip verduidelik dat skadebeheer onder roofdiere geen maklike taak is nie. Dit is veral vir boere, wat dit aan hul beursies voel, wat daagliks moet stry om op ‘n volhoubare wyse ‘n bestaan te kan maak.

Dit is egter hier waar Philip waardevolle leiding kan gee. Voorkomende roofdierbestuurs- en kuddebestuursprogramme kan uitgewerk word vir verskeie landgebruike. “As mens slim werk, kan die skade aan die biodiversiteit en omgewing dramaties verminder word,” het Philip gesê.

“Ek is nie hier om vir enige iemand te sê wat om te doen nie, maar eerder om saam met hulle te werk en met oplossings vorendag te kom.”

Nog ‘n belangrike taak wat Philip oorgeneem het van Lajuma se hiëna-meisie, Katy Williams, is die beplanning van die sentrum se jaarlikse Nature Evening. Hierdie aand, waar verskillende sprekers kans gegee word om praatjies te lewer, het al by meer as een geleentheid vrugte afgewerp.  (Die datum vir hierdie jaar se praatjie sal binnekort in die koerant bekendgemaak word).

Boonop doen Philip ook ander gemeenskapswerk om plaaslike skoolkinders se ekologiese kennis te verryk deur gebruik te maak van interaktiewe speletjies. Skole in die area wat wil baat by sulke aanbiedings is welkom om met hom kontak te maak en ‘n datum te reël.

Diegene wat enige inligting kan deurgee, navrae het of hulp nodig het, kan met Philip skakel by [email protected] of 071 841 8361.

 
 
 

Viewed: 333

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Philip Faure, een van die nuwe gesigte by die Lajuma Navorsingsentrum. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT