ADVERTISEMENT:

 

 
 

Lakens bedek Dinsdag die oorskot van 'n helikoptervlieënier en een van sy passasiers wat verkool het, nadat die helikopter neergestort en uitgebrand het. Foto: Limpopo, SAPD.

Twee verkool na helikopter by Blouberg val

Date: 09 October 2015 By: Isabel Venter

‘n Helikoptervlieënier en sy medevlieënier is Dinsdagoggend verkool toe die helikopter waarin hulle gevlieg het by Blouberg neergestort het.

Volgens kol. Ronél Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, was mnr. David Boul en twee passasiers, mnre. Ronald Matsunga en Phineas Sekwela, besig om TV-antennas te installeer in die afgeleë areas rondom Bochum.  Die ongeluk het omstreeks 10:00 gebeur.

Teen druktyd was die oorsaak van die ongeluk nog onduidelik en was die Burgerlugvaartowerheid (BLO) besig met hul ondersoek na die oorsaak.

Volgens Otto het die helikopter vermoedelik tegniese probleme ontwikkel. Dit het toe glo veroorsaak dat die helikopter teen oorhoofse elektriese kabels vasgevlieg en neergestort het.

Die helikopter het sowat 200 meter vanaf die Bochum-hospitaal in die grond geploeg en in vlamme uitgebars.

Noodhulpwerkers wat na die toneel ontplooi is, het bevestig dat drie mense van die Bochum-area beseer is toe hulle getref is deur van die helikopter se wrakstukke wat deur die lug getrek het.

Boul en Matsunga was vasgekeer in die helikopter en het doodgebrand. Sekwela, het Otto bevestig, het uit die helikopter gespring net voordat dit die grond getref het. Hy is ernstig beseer en ontvang behandeling in die Helen Frans Hospitaal. “Sekwela het òf uitgespring, òf uit die helikopter geval, en is beseer toe hy van die oorhoofse elektriese kabels getref het,” het Otto gesê.

Teen druktyd kon sy nie ‘n presiese aanduiding gee van Sekwela se toestand nie.

Die helikopter was die eiendom van Henley Air, ‘n Johannesburgse maatskappy wat helikopters uitverhuur en vlieëniers oplei. Hulle kon nie bereik word vir kommentaar nie.

 
 
 

Viewed: 1855

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Lakens bedek Dinsdag die oorskot van 'n helikoptervlieënier en een van sy passasiers wat verkool het, nadat die helikopter neergestort en uitgebrand het. Foto: Limpopo, SAPD.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT