ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Makhado Polisie laai hulle verdagte in by die huis in Songozwistraat waar die gesteelde bakkie teruggevind is.

Verdagte dalk deel van diefstalsindikaat

Date: 23 November 2015 By: Isabel Venter

Die Makhado Polisie het verlede week gehelp om ‘n gesteelde voertuig terug te kry.

Met die hulp van die polisie voertuigopsporingsvliegtuig  het hulle Vrydag, 13 November, ‘n gesteelde bakkie teruggevind by 'n huis in Songozwistraat, agter Laerskool Louis Trichardt se Bergvlietsportveld. Die bakkie is in Rustenburg aangemeld as gesteel.

‘n Ses-en-twintig-jarige man van Zimbabwe is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Makhado polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het by navraag Dinsdag bevestig dat die man oorhandig is aan die Rustenburgse polisie om hulle te help met hul ondersoek daar. Hy sal ook in die Rustenburgse Landdroshof aangekla word.

Die moontlik word nog ondersoek dat die man hier in Louis Trichardt deel kon wees van ‘n voertuigdiefstalsindikaat.  

 
 
 

Viewed: 297

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT