ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Leon Nel (53). Hy was bekend vir sy liefde vir diere. Afgeneem hier saam met hom is twee van sy lieflinghonde, Vlooi (op sy nek) en Vettie. Foto verskaf.

Leon Nel (53) se skielike dood kom as skok

Date: 29 January 2016 By: Andries van Zyl

Die skielike en ontydige dood van die welbekende mnr. Leon Nel (53) van Louis Trichardt het Maandag as groot skok vir sy familie en vriende gekom.

“Sy lag is stil … sy dood laat 'n groot leemte in sy familie en gemeenskap,” sê die familie.

Leon was aanvanklik verbonde aan wat nou die Makhado Munisipaliteit is, as 'n loodgieter. Daarna was hy werksaam by LT Castings en het later sy eie onderneming begin, genaamd Thavha Moya Plumbers.

Leon sal onthou word as 'n groot terggees en entoesiastiese hengelaar. Sy liefde vir diere, kinders en bejaardes was wel bekend en hy sou homself te kort doen om ander te help. Sy heengaan word deur familie en vriende betreur. “Sy visstokke sal nooit weer sing nie, maar sy grappies en kundigheid langs die viswaters sal altyd onthou word,” sê die familie.

Wyle Leon word oorleef deur sy pa, Nico, ma Alida, eggenote Ogies, kinders Neil en Marlize en suster Lerina. Sy begrafnisdiens vind Vrydag, 29 Januarie, om 14:00 vanuit die AP Kerk in Louis Trichardt plaas. Die diens sal behartig word deur ds. Gert Kruger.

Die familie het hul opregte dank uitgespreek teenoor lede van die plaaswag, ambulansdiens, Adriaan van Heerden, werknemers, Petro de Wet, Lourens Greyling, Flippie en Retha, Rulan en Carina Froneman en al die familie en vriende vir hul bemoedigende woorde. “Dankie vir julle bystand en hulp.”

 
 
 

Viewed: 1363

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT