ADVERTISEMENT:

 

 
 

Riekert Botha (links) het met sy kenmerkende humor en lewendige aanbieding sy gehoor op die punte van hul stoele gehou tydens sy optredes van 18 tot 21 April by die Louis Trichardt Lodge. Hier is hy net voor die laaste optrede. Langs hom sit Tobias Fourie van Manne van die Woord.

Geestelike bring boodskap van hoop

Date: 28 April 2016 By: Linda van der Westhuizen

In ‘n tyd wat mense maklik hoop kan verloor te midde van stakings en ‘n swak ekonomie, het Riekert Botha verlede week ‘n boodskap van hoop gebring aan inwoners van Louis Trichard.

Riekert, van RSG se Pleisters vir die Siel-faam, is skrywer, predikant en ‘n bekende spreker landswyd. Hy het op uitnodiging van Louis Trichardt se Manne van die Woord kom kuier. “Manne van die Woord sal aanhou om eenheid te bring,” het Tobias Fourie, wat aan die stuur staan, gesê. Mense vanuit verskillende gemeentes het die saal van Louis Trichardt Lodge van 18 tot 21 April volgepak.

Aand na aand het Riekert dele uit die laaste Bybelboek, Openbaring, behandel en telkens daarby uitgekom dat Jesus Christus op die troon sit. Hy het die skerms weggetrek en die gebeure in die troonkamer verduidelik. Dit gebeur dat Christene ly en gemartel word, maar God weet presies wanneer dit tyd is om die wêreldsisteme te oordeel. “God is nie die oorsaak van marteling en pyn nie, maar die Regter daaroor. Hy sal alle ongeregtigheid straf,” het Riekert gesê.

“Riekert het ons gehelp om weer ons oë op Jesus te vestig,” het ‘n nuweling op die dorp, dr. Pieter de Wet, die kern van die nuwe hoop wat aangewakker is, verduidelik.

Izelle Briers, ‘n jarelange inwoner, het gesê dat Openbaring voorheen vir haar ‘n vreemde boek was wat sy liewers vermy het. “Nou is ek so opgewonde daaroor, want dit is ‘n Openbaring van Jesus! Riekert het ‘n unieke, lewendige en praktiese aanbieding. Hy het Openbaring vir ons eenvoudig en verstaanbaar gemaak,” het Izelle gesê.

Riekert het beklemtoon dat mense van elke taal, stam, volk en nasie voor die troon van God gaan staan en Hom verheerlik en nie net mense van een taal of volk nie. “Polarisasie is ‘n werklikheid in ons land en ons moet verstaan dat dit ‘n sterk eienskap van die vlees is om te verdeel. Ons moet by Jesus uitkom!” het Riekert aan die Zoutpansberger gesê. Die boek Openbaring ontsluit deur Riekert is by CUM Boeke beskikbaar. DVD’s kan teen R30 vir die hele stel bekom word deur Piet du Toit by 083 880 6700 te skakel.

 

 
 
 

Viewed: 1084

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT