ADVERTISEMENT:

 

 
 

SAPD

Wanneer gaan die gereg se lang arm hul bereik?

Date: 01 August 2016 By: Isabel Venter

Wanneer gaan reg en geregtigheid vir hulle geskied?

* Oor die naweek van 12 September 2015 is twee inwoners, mnr. Jonas Sirovhel (24) en me. Maggie Castleman (48), in twee afsonderlike voorvalle vermoor. Volgens die inligting tot die koerant se beskikking is nog geen arrestasies in verband met dié twee voorvalle gemaak nie.

* Die naweek van 24/25 September 2015 is mnr. Johan Oelofse doodgeskiet tydens ‘n vuurgeveg met ‘n groep onbekende aanvallers by sy vriendin se plaaswoning. Een verdagte is gearresteer, en het al verskeie kere in die hof verskyn. Die plaaslike polisie is nie seker oor die hofdatums nie, maar vermoed dat die saak uitgestel word terwyl daar aansoek gedoen word vir ‘n regshulpprokureur vir die verdagte.

* Op 29 Desember 2015 is ‘n plaaslike sakeman, mnr. Japie van Heerden, voor sy winkel aangeval deur ‘n groep mans, gesteek met ‘n mes en hy het amper doodgebloei. Nog geen arrestasies is gemaak in die saak nie.

* Op 9 Januarie is mnr. André van der Walt deur twee ongemaskerde mans voorgekeer terwyl hy probeer geld trek het by die FNB OTM in die Checkers-kompleks op die hoek van Munnik- en Songozwistraat. Hy is erg aangerand in die voorval, en nog geen arrestasies is gemaak nie.

* Op 12 Januarie 2016 is Thabelo Tharini deur twee onbekende mans aangeval naby die hoek van Grobler- en Pretoriusstraat. Een van die mans het ‘n ligte kaliber vuurwapen gehad en vir Tharini in die bors geskiet.

* Op 6 Maart is ‘n 77-jarige ouma saam met haar twee kleinseuns (30 en 23) en die oudste kleinseun se vrou (24) deur ses rowers aangehou. Die jong vrou is vier keer verkrag deur vier verskillende rowers, terwyl die res van die gesin met sambokke en bakstene geslaan is. Twee weke later het die Makhado SAPD vyf verdagtes aangekeer, maar die saak sloer, want daar word gewag op DNS-monsters om te bepaal of die verdagtes die jong vrou verkrag het. Buiten vir dié uitslae waarop die polisie wag, word daar ook gewag vir selfoonrekords. Sonder hierdie inligting kan die polisie nie voortgaan en die verdagtes in die saak aankla nie. Die nasionale kantore van die polisie, wat beide die DNS- en SMS-uitslae moet verwerk, is egter oorlaai en dit kan nog maande wees voor die uitslae bekend is.

* Op  2 Julie 2016 is mnr. Tony Strydom vermoor op sy kleinhoewe aangetref, en nog geen arrestasie is gemaak nie.

 
 
 

Viewed: 1042

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT