ADVERTISEMENT:

 

 
 

Mnr. Hennie Bonnema.

Bekende Levubu boer vermoor

Date: 19 October 2016 By: Isabel Venter

Die boerderygemeenskap van Levubu is geskok deur die nuus van die sinnelose moord op die welbekende en geliefde boer, mnr. Hennie Bonnema (62).

Bonnema se oudste seun, Hendrik, het hom Dinsdagaand dood voor sy huis gevind. Hy is vermoedelik doodgesteek.

Hendrik het gaan ondersoek instel waarom sy pa hulle nie laat weet het dat hy veilig by sy huis is nie, nadat hy die aand by familie gaan uiteet het.

Die motief vir die moord is nog onduidelik, en die polisie is besig om die gebeure te ondersoek. Sover die koerant teen vroeg Woensdagoggend kon vasstel, is nog geen arrestasies gemaak nie.

Die koerant is tans besig om meer inligting te bekom oor die voorval. ‘n Volledige berig sal in Donderdag se uitgawe van die Zoutpansberger verskyn.

 
 
 

Viewed: 838

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT