ADVERTISEMENT:

 

 
 

Man in hof oor panga-aanval

Date: 31 October 2016 By: Isabel Venter

‘n Jong inwoner van Louis Trichardt het Maandag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn, nadat hy daarvan beskuldig is dat hy sy ma aangeval het met ‘n panga.

Daar is aanvanklik berig dat dié 21-jarige man aangekla is van poging tot moord. Dit was egter nie die geval nie, en die man het verskyn op ‘n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Volgens die Makhado polisie het die man ‘n woordewisseling gehad met sy ma, en haar toe begin aanrand en kap met ‘n panga. Die polisie het gesê die ma se beserings was so ernstig dat sy teen Dinsdag nog bewusteloos in die hospitaal was. Die man se suster het toe glo tussenbeide probeer tree om die geveg te probeer ontlont, en is ook in die proses raakgekap.

Dit sou eers later aan die lig kom dat die ma wel nie so ernstig beseer was nie. Die koerant het by die distrikshof uitgevind dat die man se ma by die aanklaer gepleit het om borg toe te staan aan haar seun. Haar verduideliking was glo dat die aanval nie in die aard van haar seun is nie, en dat dit die eerste keer is wat so iets met hom gebeur het.

Die man kan in hierdie stadium nie geïdentifiseer word nie, omdat hy nie gevra is om te pleit nie. Borg van R1 000 is aan hom toegestaan. Ná sy vlugtige verskyning is die man se saak uitgestel tot 17 November om die polisie kans te gee om die saak verder te ondersoek.

 

 
 
 

Viewed: 759

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT