ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die drie Bonnema-moordverdagtes,Walter Maringa (24), Mudau Sylvester Takalani (31) en Khodani Tshishonga (33), afgeneem tydens hul hofverskyning in Levubu Woensdag. Foto verskaf.

Steeds geen borg vir moordverdagtes

Date: 14 November 2016 By: Isabel Venter

Die drie mans wat daarvan verdink word dat hulle mnr. Hennie Bonnema (62) op 18 Oktober wreedaardig op sy plaas vermoor het, het Woensdag weer vlugtig in die periodieke hof in Levubu verskyn.

‘n Groot groep boere van die omgewing het weer opgedaag om hul solidariteit met die Bonnema-familie te wys. Die boere wou ook hê dat die hof kennis neem daarvan dat die gemeenskap nie ten gunste daarvan is dat daar borg toegestaan moet word aan die drie mans nie.

Walter Maringa (24), Mudau Sylvester Takalani (31) en Khodani Tshishonga (33) is voorverlede Vrydag deur die Levubu-polisie aangekeer. Volgens dié polisiestasie se woordvoerder, A/O Solly Mokola, is al drie mans naby Mashau gearresteer. Die woongebied is nie ver van Bonnema se plaas, Beaufort F 10, in Levubu nie.

Tydens Woensdag se hofverskyning is daar tussen die hof en die drie mans se regsverteenwoordigers ooreengekom dat daar ‘n borgaansoek gebring sal word volgende week, Woensdag, 16 November.

Al drie sal tot dan in aanhouding bly.

 

 
 
 

Viewed: 630

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT