ADVERTISEMENT:

 

 
 

Borg vir moordverdagte

Date: 27 November 2016 By: Isabel Venter

Daar was ‘n gevoel van teleurstelling onder aanwesiges in die hof nadat een van die verdagtes in die Hennie Bonnema-moord borg toegestaan is.

Walter Maringa (24), Mudau Sylvester Takalani (31) en Khodani Tshishonga (33) het Woensdag weer in die Levubu Landdroshof verskyn, waar hul borgaansoek hervat is. Al drie word daarvan beskuldig dat hulle die 62-jarige Bonnema op 18 Oktober wreed op sy plaas aangeval en vermoor het.

Die hof het Maringa se aansoek toegestaan en borg vir hom vasgestel op R5 000. Takalani, wat voorheen ‘n werknemer van Bonnema was, en Tshishonga se aansoeke is van die hand gewys en hulle sal in aanhouding bly.

As deel van Maringa se borgvoorwaardes moet hy daagliks aanmeld by die Levubu Polisiestasie.

Al drie se saak is uitgestel tot later in Desember, sodat daar na verwagting ‘n datum vir hul verhoor vasgestel kan word.

 

 
 
 

Viewed: 828

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT