ADVERTISEMENT:

 

 
 

Inbrekers sorg vir baie skade by plaaslike skool

Date: 14 January 2017 By: Isabel Venter

Dit was met groot ontsteltenis dat die personeel van Laerskool Louis Trichardt hierdie week die nuwe skooljaar begin het.

Hulle is Woensdag, op die eerste skooldag, begroet deur die skok van ‘n inbraak.  

Die inbrekers het vermoedelik kort na 01:00 Dinsdagaand by die skool se kantore ingebreek. Daar is toegang bekom deur ‘n gat in die plafon.  Die skool se kluis is met ‘n hoekslyper oopgesny, waaruit die diewe toe ‘n skootrekenaar en twee kameras gesteel het; vermoedelik weens die gebrek aan kontant.

Hierna het die diewe toe verder rondgekrap en nog twee ander kantore se deure ingeskop, waaruit hulle nog twee skootrekenaars gebuit het.

Buiten vir die skool se toerusting wat gesteel is, het die skade wat die diewe aangerig het ‘n duur impak gehad op die skool se beursie. Behalwe vir die gat waardeur die inbrekers ingekom het, is daar nog vyf plekke waar die plafon stukkend getrap is. Dit, saam met die skade aan die kluis, word beraam op ongeveer R11 000.

Teen druktyd was die Makhado Polisie nog besig om die saak te ondersoek.

 
 
 

Viewed: 1081

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT