ADVERTISEMENT:

 

 
 

Onvolwasse avokados eindig dikwels in die mark op nadat dit op onwettige wyse uit boorde bekom is. Dié foto is verlede jaar geneem toe drie seuns op ‘n plaas naby Maelula betrap is terwyl hulle ‘n avokadoboord stroop. Die Ramabulana koningshuis het die kinders gestraf, maar die probleem duur voort. In sulke gevalle wag die diewe nie dat die vrugte ryp genoeg is nie.

Avokado’s moet ryp wees voor dit verkoop mag word

Date: 14 January 2017 By: Anton van Zyl

Groente- en vrugteverkopers wat handeldryf in avokado’s, moet let op die rypheid van die vrug, want dit kan hulle duur te staan kom as onvolwasse avokado’s verkoop word.

Dié waarskuwing kom vanaf die Subtropiese Kwekersvereniging. In ‘n persverklaring meld hulle dat die verkoop van onvolwasse avokado’s (wat nie behoorlik ryp sal word nie) verbode is in terme van die Wet op Landbouprodukstandaarde.

“Inspekteurs van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) en Prokon sal vroeg in die seisoen op die markte begin om avokado-volwassenheid te toets. Die verkoop van alle onvolwasse avokado’s sal verbied word,” waarsku die vereniging.

Avokadoprodusente word aangeraai om seker te maak dat hulle vrugte voldoen aan die vereiste volwassenheidstandaard voordat dit gepluk word. “Vir die kultivar Fuerte moet die vrug se voginhoud 80% of minder wees. Betroubare avokado-pakhuise is almal toegerus om die vereiste volwassenheidstoetse uit te voer,” lui die verklaring.

“Inspekteurs sal avokado-volwassenheid op die Nasionale Varsproduktemarkte kontroleer. Daarom moet produsente seker maak dat hulle vrugte aan die nodige vereistes voldoen voordat hulle oes. Sodoende sal hulle nie die risiko loop dat die verkoop van hulle vrugte verbied word nie. Alle koste om onvolwasse vrugte van die mark te verwyder sal vir die produsent se rekening wees,” sê die Kwekersvereniging.

Vir verdere inligting oor die volwassenheidsbepalings, kontak die Subtropiese Kwekersvereniging (Subtrop) by tel: 015 307 3677.

 
 
 

Viewed: 385

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT