ADVERTISEMENT:

 

 
 

Lewende Woord Louis Trichardt-gemeente se eerste diens het op 8 Januarie in Louis Trichardt Lodge se konferensiesaal plaasgevind. Van links na regs is pastore Jan Wilkins, Marcus Norden, Andrew Bezuidenhout en Wayne Scott.

Lewende Woord vestig hul gemeente

Date: 20 January 2017 By: Linda van der Westhuizen

Lewende Woord Louis Trichardt-gemeente se eerste diens het op 8 Januarie in die Louis Trichardt Lodge se konferensiesaal plaasgevind.

Nevil Norden, stigter van Lewende Woord en ‘n pionier van die charismatiese beweging in Suid -Afrika, het by wyse van ‘n video-boodskap seën oor die nuwe gemeente uitgespreek. Sy seun en hoof van Lewende Woord Nasionale Netwerk, Marcus Norden, het die diens gelei, terwyl die drie pastore van die gemeente elkeen ‘n kort boodskap gebring het. Hulle is Andrew Bezuidenhout (senior pastoor), Jan Wilkins (Afrikaanse dienste) en Wayne Scott (Engelse dienste).

Nevil sê dat Louis Trichardt ‘n spesiale plek in sy hart het. Hy het van 1956 tot 1959 by Hoërskool Louis Trichardt skoolgegaan. Die omvattende visie van Lewende Woord is om ‘n liefdevolle Woordgefundeerde koninkryksgemeenskap te vestig. Die afgelope agt jaar het Andrew se Baird Bedieninge ‘n samewerkingsverhouding met Lewende Woord gehandhaaf  en nou het hulle van ‘n geaffilieerde bediening ontwikkel in ‘n volwaardige Lewende Woord-gemeente. Die plaaslike gemeente het ‘n passie daarvoor om mense te bemagtig om in hul bediening te staan en hul ware identiteit in die Here te ontdek.

Andrew en Jan en Corrie Wilkins is reeds ou bekendes in die Louis Trichardt-gemeenskap. Wayne en Rindi Scott het in Julie 2016 by hulle aangesluit. Wayne was vir 16 jaar ‘n sendeling in Skotland, waarna hy in 2015 as assistent-pastoor by die Huis van Bedieninge in Polokwane werksaam was.  

Andrew se persoonlike profetiese en beradingsbediening staan steeds as Baird Bedieninge bekend en val onder die beskerming van  Betsie Joubert se Comfort Profetiese Bediening. As senior pastoor van die nuwe Lewende Woord-gemeente is Andrew baie opgewonde oor die totstandkoming daarvan. “Enige een wat nie tans deel is van ‘n gemeente nie, is welkom om te kom oë wys en te kom ondersoek instel of dit is waar hulle tuishoort,” nooi die leiers.

Die dienstye Sondae is 10:00 vir die Afrikaanse diens en 18:00 vir die Engelse diens. Beide dienste word in Louis Trichardt Lodge se konferensiesaal aangebied .

Vir meer besonderhede kan Andrew by 071 078 1631 geskakel word of e-posse kan na [email protected] gestuur word. Die video van Nevil Norden en ander besonderhede kan op hul Facebook-blad Lewende Woord Louis Trichardt gevind word.

 

 
 
 

Viewed: 632

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT