ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Houtrivier by Mara, nadat die 55 mm Vrydagaand oor die streek uitgesak het.

Genade van bo!

Date: 26 November 2016 By: Andries van Zyl

Inwoners van die Soutpansberg het Saterdagoggend wakker geword met die klank van lekker deurdringende reën op hulle dakke.

Anders as die verspreide donderbuie die afgelope paar weke, het die reën van Vrydagaand/Saterdagoggend wyd oor die streek uitgesak.

Reënvalsyfers van tussen 30 mm en 90 mm is Saterdagoggend vanaf Vivo rapporteer. Omstreeks 07:00 Saterdagoggend is vanaf Alldays laat weet dat hulle 14 mm ontvang het en “dit reën nog lekker sag.” Deur die nag het die Mara-omgewing rondom 55 mm gehad met die Houtrivier wat begin afkom het.

Waterpoort se boere het Saterdagoggend neerslae van tussen 25 mm en 50 mm rapporteer. Nader aan die huis is reënvalsyfer van tot 30 mm vir Louis Trichardt deurgegee. Bandelierkop het sowat 20 mm gehad en Levubu tot 45 mm.

 

 

 
 
 

Viewed: 1300

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Plaaspaaie Saterdagoggend in die Waterpoort-omgewing.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT