ADVERTISEMENT:

 

 
 

Geen byskrif.

Louis Trichardt al weer sonder water

Date: 28 November 2016 By: Isabel Venter

Danksy die afgelope naweek se reën was daar orals water, behalwe in Louis Trichardt en omstreke se krane.

Volgens berigte wat die Zoutpansberger ontvang het, was sommige inwoners in die Makhado Munisipale area reeds sedert 24 November sonder water.

Die koerant kon bevestig dat dit jongste watertekort te danke was aan lekke op die Albasinidam-pyplyn. Daar was glo vyf massiewe lekke op die pyplyn, waarvan drie teen Maandag al reggemaak is. Die ander twee lekke sou na verwagting deur die loop van hierdie week herstel word.

Intussen probeer die koerant nog inligting opvolg by die Makhado Polisie oor gerugte dat vier mans in hegtenis geneem is op ‘n klag van diefstal. Die vier word daarvan verdink dat hulle verantwoordelik was vir die grootskaalse vandalisme van die dorp se waterinfrastruktuur. Volgens onbevestigde berigte het die polisie glo beslag gelê op 13 transformators, koper, elektriese motors, staal en elektriese pale.

Hou hierdie week se Zoutpansberger dop vir meer inligting. Intussen kan lesers vir Isabel Venter by die koerant skakel om te laat weet waar daar nog watertekorte ervaar word. Sy kan gekontak word by Tel. 015 516 4996 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

 

 
 
 

Viewed: 219

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT