ADVERTISEMENT:

 

 
 

Julia Davies was Hoërskool Eric Louw se top matrikulant en spog met ses onderskeidings. Foto verskaf.

Julia is Louwtjies se beste matriek

Date: 14 January 2013 By: Andries van Zyl

Met ses onderskeidings agter haar naam blink Julia Davies uit as Hoërskool Eric Louw in Musina se top matriekpresteerder na afloop van die 2012 senior sertifikaat eksamen.

Julia behaal onderskeidings in Engels eerste taal, Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde, lewenswetenskap, fisiese wetenskap, geografie en lewensoriëntering.

Die skool se tweedebeste matriekpresteerder was Marike van der Walt, wat vier onderskeidings inpalm. Haar onderskeidings was vir Afrikaans eerste taal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en bedryfstudies.

Drie ander leerlinge behaal elk drie onderskeidings. Hulle is Danelle Naudé (met onderskeidings in Engels eerste addisionele taal, geografie en lewensoriëntering), Frans Reynecke (met onderskeidings in geografie, lewensoriëntering en lewenswetenskap) en Janet Neuhoff (met onderskeidings in Afrikaans eerste taal, Engels eerste addisionele taal en wiskundige geletterdheid).

In totaal het Hoërskool Eric Louw se 62 matriekleerlinge van 2012 74 A-simbole ingepalm. Daarbenewens was daar ook 102 B-simbole. Die skool het verder 'n slaagsyfer van 97% opgelewer.

 
 
 

Viewed: 944

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Marike van der Walt palm vier onderskeidings in. Foto verskaf. Danelle Naudé verwerf drie onderskeidings. Foto verskaf. Frans Reynecke kry drie onderskeidings. Foto verskaf. Janet Neuhoff spog ook met drie onderskeidings. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT