ADVERTISEMENT:

 

 
 

Lanel van Nieuwenhuizen het as spankaptein van die Suid-Afrikaanse uithouritspan die span op 27 Augustus tot oorwinning gelei in Namibië. Foto verskaf.

Lanel lei SA tot oorwinning

Date: 25 September 2014 By: Andries van Zyl

Die 22-jarige Lanel van Nieuwenhuizen van Makhado (Louis Trichardt) het as spankaptein van die Suid-Afrikaanse nasionale perde uithouritspan die span tot ‘n oorwinning gelei teen Namibië in Walvisbaai op 27 Augustus tydens die African Endurance Championships.

Lanel het die kompetisie van die standaard gewig afdeling gewen in ‘n tyd van ses uur en tien minute oor ‘n afstand van 122 km. Dit was die vinnigste tyd wat nog ooit op hierdie baan gery is in die standaard afdeling. Sy en haar perd was ook die algehele wenner vir die dag met die vinnigste tyd van al die afdelings. 

Die Namib woestyn rondom Walvisvaai is een van die oudste woestyne ter wêreld en die Walvisbaai-uithourit neem ruiters oor ‘n paar van die wêreld se hoogste en bekendste duine, soos die bekende Duin 7, asook ‘n 30 km been langs die see en terug na die basis kamp.

Die rit het 06:00 Namibiese tyd (05:00 SA tyd) in digte mis begin. Die baan word gemerk met ou motorbande wat in die woestyn geplant word met verskillende kleure geverfde pyle op om die pad deur die woestyn vir die ruiters aan te dui op die verskillende bene van die roete. Ruiters ry met kopligte en moet baie fiks wees om op hierdie baie moeilike baan te kan presteer, aangesien die ruiter die perd moet help deur af  te klim en langs die perd te draf waar die duine baie hoog is of die sand baie dik.   

Uithouritte is ‘n familiesport, aangesien die ruiter en perd op sekere punte gedurende die rit deur ‘n “groom”-span bygestaan moet word met water vir afkoeling van die perd en ook drinkwater vir ruiter en perd.

Lanel, ‘n oud Stanford Lake College-leerling van Haenertsburg, is besig met haar honneursgraad aan die Universiteit van Pretoria in finansiële bestuur. Lanel is in 2013 aangewys as ‘n Golden Key student by UP, wat aan die top 10% presteerders toegeken word aan universiteite wat aan internasionale standaarde voldoen.

 
 
 

Viewed: 204

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT