ADVERTISEMENT:

 

 
 

Louis Trichardt se losskakel vir die eerstespan, Nollie Davel, stoei 'n opening oop met die bal.

Eerstes gee Mankweng goeie pakslae

Date: 15 May 2015 By: Isabel Venter

Louis Trichardt se rugby eerstespan het hul teenstaanders, die Mankwengspan van die Universiteit van die Noorde, stert tussen die bene huistoe gestuur. 

Die eerstespan klop die Mankwengspan 60-0 in hulle eerste wedstryd van die Boet Fick-liga wat Saterdag hier op eie bodem beslis is. 

Alhoewel Louis Trichardt 'n oortuigende wen behaal het, was daar 'n paar gevalle waaruit geleer kan word vir wanneer hul hierdie komende naweek teen die gedugte span van Noordelikes van Polokwane te staan kom.

[Kliek hier vir foto gallery]

Te  midde van te veel balfoute was die eerstes se verdediging goed en het hulle vanaf die afskop druk toegepas. Sommer binne die openingsminuut van die wedstryd het Wikus Davel Louis Trichardt se eerste drie gaan druk. Hierdie drie is blitsig opgevol met nog drieë, en teen halftyd was die telling 25-0. Ander puntemakers was Nollie Davel, Jaco Esterhuizen en Werner Lee. Jacques Jordaan het die skopwerk gedoen, en feitlik elke drie vir sy span verdoel. 

In die tweede helfte het die Mankwengspan 'n aanval geloods, maar is telkens van hul doellyn teruggedryf. Mankweng se verdediging was ook wyd oop, wat Louis Trichardt se twee rugbybroers, Wikus en Nollie, goed benut het.

Saterdag se wen besorg die eerstespan 'n bonuspunt, wat beteken hulle verdien in totaal vyf punte. Louis Trichardt se tweedespan se puntetelling staan steeds op nul, nadat hulle nie Saterdag kon speel nie.

Altbei spanne sal egter hierdie Saterdag in aksie gesien kan word teen Noordelikes, en die eerste wedstryd sal om 14:00 afskop by die Louis Trichardt Rugbyklub se velde. Plaaslike ondersteuners word weereens uitgenooi om die spanne te gaan ondersteun.

 
 
 

Viewed: 519

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Wikus Davel, een van die puntemakers, word platgeduik, maar slaag tog daarin om 'n drie te druk.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT