ADVERTISEMENT:

 

 
 

Louis Trichardt se eerste rugbyspan sal Saterdag 'n titaniese stryd aanpak teen Polokwane se Noordelikesspan vir die Boet Fick Liga Beker.

Rugbymanne wil Saterdag geskiedenis maak

Date: 26 June 2015 By: Isabel Venter

Hierdie komende Saterdag sal daar plaaslike rugby gespeel word soos nog nooit vantevore nie. Vir die eerste keer in die Louis Trichardt Rugbyklub se geskiedenis sal die finaal van die Boet Fick-liga op hul tuisveld beslis word. Die finaal is nog altyd in Polokwane gehou.

Volgens die reëls kry die klub wat bo-aan die punteleer lê na die uitspeelwedstryde die voorreg om die finaal op hul tuisveld te hê. Dit is ook dan presies waar Louis Trichardt se spanne opgeëndig het - bo-aan die punteleer, gevolg deur Noordelikes in die tweede plek en Letaba in die derde plek.

Louis Trichardt se “working class heroes” sal te staan kom teen Polokwane se Noordelikes-span in wat verwag word om ‘n titaniese stryd vir die gesogte beker te wees.

Louis Trichardt het laas in 1998 die Boet Fick-trofee omhoog gehou, en hoop om dit nou, 17 jaar later, weer te kan doen. Die span kon nog net drie keer vantevore (1993 – 95) daarin slaag om die beker te wen.

Hierdie jaar, as hulle daarin kan slaag om Noordeliks te klop, sal hulle ook die kans gegun word om teen Waterberg se wenners te speel vir die titel as Limpopo-kampioene.  

Saterdag se stryd teen Noordelikes, wat tans die titel dra as die Kampioene van die Noorde (hulle is die enigstse span van die Noordstreek wat aan die Cell C Community Cup deelgeneem het), belowe om skouspelagtige rugby op te lewer. Die klub het ‘n beroep gedoen op die hele gemeenskap om die manne te kom ondersteun. “Ons het almal se ondersteuning nodig om die Noordelikes te klop. Hulle is ‘n gedugte span,” het die klubbestuur hierdie week gesê.

Die eerste wedstryd van die dag sal om 15:00 afskop tussen Louis Trichardt en Noordelikes se derdespan. Hierna sal die tweedespanne aan die beurt kom om 16:15.

Die hoofwedstryd, tussen die eerstespanne, sal begin om 17:45.

‘n Klein toegangsfooi (R20 per voertuig) is betaalbaar by die hekke. Daar sal ook genoeg te ete en drinke te koop aangebied word gedurende die wedstryde. “Kom wys asseblief julle ondersteuning vir die manne.”

Vir meer inligting kan die klubvoorsitter, mnr. Kevin Gilbert, geskakel word by  082 892 8769.

 
 
 

Viewed: 228

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT