ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Rooikatte

Hoërskool Eric Louw Rugby

Date: 31 July 2015 By: News Correspondent

Die Tiere, oftewel Hoërskool Eric Louw in Musina se O/16-rugbyspan, speel eerskomende Saterdag, 1 Augustus, in ‘n uitspeelwedstryd vir ‘n moontlike plek in die kwarteindrondte van die jaarlikse Beeld-trofee.

 Die wedstryd vind op die skool se tuisveld plaas, waar hulle sal kragte meet teen Steel Crest van Middelburg in Mpumalanga. Die skool doen ‘n beroep op die hele gemeenskap om die span te kom ondersteun. Die wedstryd skop om 11:00 af. 

Op Saterdag, 25 Julie, het die Rooikatte van Hoërskool Eric Louw (Musina), oftewel die skool se eerste rugbyspan, in die finaal van die Limpopo-liga gespeel teen Hoër Tegniese Skool Tom Naudé in Polokwane.

Die Rooikatte het  teen Northern Academy, ‘n skool van bykans 3 000 leerlinge, te staan gekom. Dit was ‘n uitmergelende wedstryd en teen halftyd was die telling 15-10 in die Rooikatte se guns. In die tweede helfte vergroot die Rooikatte hulle voorsprong op die telbord en stap hulle met die ligatrofee weg met ‘n eindtelling van 29-17. “Dié uitsonderlike prestasie het Hoërskool Eric Louw in 2010 laas behaal. Die span bedank almal wat hulle tot dusver getrou ondersteun het. ‘n Spesiale dank aan dr. Kobus Roos en  mnr.

Chris Limbach vir hul onvoorwaardelike ondersteuning, motivering en lojaliteit,” het die skool gesê. Buiten vir dié prestasie word die Rooikatte se Davies Malaudzi aangewys as Speler van die Wedstryd. Foto verskaf.

 
 
 

Viewed: 682

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

 Hoërskool Eric Louw in Musina se O/16-rugbyspan

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT