ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die bergfietsspan van Hoërskool Louis Trichardt, afgeneem tydens die Tour de Gat die afgelope naweek. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

Triegie-ryers wys hul slag by Tour de Gat

Date: 31 July 2015 By: News Correspondent

Die afgelope naweek was ‘n sege vir fietsry as ‘n skoolsport. Bykans 260 fietsryers het deelgeneem aan die eerste Limpopo Skole-liga, oftewel die Limpopo DebtSafe Skole Bergfietsreeks. Die eerste uitdaag van die reeks, die Tour de Gat XCO, is Saterdag in Phalaborwa beslis.

“Kinders wat aan die wedrenne deelneem, is baie entoesiasties en ons besef dat bergfietsry as ‘n sport in gewildheid toeneem. DebtSafe het in hierdie reeks betrokke geraak om die belangrikheid van gesondheid en fiksheid onder kinders van alle ouderdomme te bevorder,” sê Hein du Plessis, besturende direkteur van DebtSafe.

Hoërskool Louis Trichardt het ook ‘n span ingeskryf en sommer baie goed gevaar. Die wedren was die eerste van vier ligawedrenne, waarna ‘n Limpopospan gekies gaan word om die provinsie op nasionale vlak later in die jaar te gaan verteenwoordig. Een van Triegies se afrigters, me. Renata Joubert, sê hierdie jaar is die kompetisie straf, met dié dat daar altesaam agt skole meeding in die liga.

Soos dinge tans staan, lyk dit of die skool se kanse goed is dat verskeie van hul fietsryers gekies sal word vir die provinsie se span.

Kombo Bere het die wedren, wat oor vyf rondtes in die seunskategorie en vier rondtes vir die meisies beslis is, oorheers. Gewoonlik word ‘n XCO-wedren oor vier rondtes vir die seuns en drie vir die meisies beslis. Die naweek was die baan egter nie te moeilik nie en is daar besluit dat almal ‘n ekstra rondte kan doen.

Teen druktyd was die amptelike wedrentye nog nie bekend nie, maar die skool kon bevestig dat Kombo algeheel eerste geëindig het en ook sy ouderdoms­kategorie gewen het.
Ander Triegie fietsryers wat uitgeblink het, was Richard Lambert wat ‘n tweedeplek in sy ouderdomskategorie (15 tot 16 jaar) behaal, terwyl Chris Knoesen en James Raper onderskeidelik ‘n vyfde- en vierdeplek in hulle ouderdomskategorie behaal het.

 
 
 

Viewed: 382

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

Kombo Bere van Hoërskool Louis Trichardt wen die eerste uitdaag van die Limpopo DebtSafe Skole Bergfietsliga. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT