ADVERTISEMENT:

 

 
 

Benno Prinsloo van die Tzaneen Fietsryklub.

Akkedis vanjaar ware uitdaging

Date: 14 August 2015 By: Isabel Venter

[Meer foto's]

Vir baie was vanjaar se Akkedis Bergfietsuitdaag ‘n geween en gekners van tande. Die naweek se rondte het ‘n verrassing vir die meer as 100 fietsryers ingehou - die taai roete in die Hanglipplantasie is verander. Vir baie van die deelnemers het dit beteken stoot, stoot, en nogmaals stoot. Gelukkig het die weer saamgespeel.

Hierdie jaar se deelnemers aan die 70 km (twee rondtes op die 35 km se baan) het vir interessante uitslae gesorg. Brand du Plessis, die algehele wenner van die 70 km, se eerste rondte het hy vinniger afgelê as die wenner van die 35 km wedren in ‘n tyd van 01:43:26. Sy tweede rondte het hy nog vinniger afgelê, in 01:40:41. Die algehele wenner van die 35km rit, Louis Trichardt se eie Kombo Bere, het die afstand voltooi in ‘n tyd van 01:46:23.

Brand voltooi die 70 km in ‘n totale tyd van 03:24:07, meer as ‘n driekwartier voor sy naaste teenstander, Benjamin Müller.

Müller maak tweede klaar in ‘n tyd van 04:09:58. Hy word gevolg deur die eerste vrou in die derde plek, Wilmarie du Plessis, in ‘n tyd van 04:19:04. Die derde man oor die 70 km wenstreep was Fanus Eksteen in 04:27:53, terwyl Shirley Scriven en Anel Swart onderskeidelik tweede en derde klaar maak in ‘n tyd van 05:56:42.

In die 35 km is Kombo gevolg deur Marco Roets in die tweede plek in 01:49:40 en Paul Dando derde in 01:55:25. Die eerste vrou in die 35 km-rit was Reese Bain, wat klaargemaak het in ‘n tyd van 02:21:51. Sy is gevolg deur Annelize Mentz in 02:27:52 en Jernay McLeod derde in 02:30:03.

Die P&L Fietsryklub van Louis Trichardt, wat vanjaar die Akkedis gereël het, bedank graag die volgende borge vir hul ondersteuning: Bridge Motors, Hyundai, InspectaCar, Komatiland Forests, Eksportief, The Ultimate Guesthouse, PSG Konsult en Planet DVD.

 
 
 

Viewed: 458

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Twee plaaslike jong latte van die P&L Fietsryklub, afgeneem vroeg in die 35 km en nog vol moed. Voor is Turner de Swardt, gevolg deur Francois Labuschagne.

Dankie tog vir 'n waterpunt! Vanjaar se Akkedis bergfietsuitdaag het die sweet laat spat, en water was 'n welkome lafenis.

Hoekom trap as jy kan stoot? Wendy Campbell was nog 'n besoeker. 

Jandré van Jaarsveldt en Stanley Thompson, twee spanmaats van die P&L Fietsryklub van Louis Trichardt, benut een van die Akkedis se min afdraendes.

Benjamin Müller van Polokwane was een van baie fietsryers wat die naweek maar eerder die tawwe opdraendes van die Akkedis se roete uitgestoot het. Hy maak tweede algeheel klaar in die 70 km wedren.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT