ADVERTISEMENT:

 

 
 

Mékayle Geyer (middel) word ondersteun deur Hoërskool Louis Trichardt se afrigter, me. Renata Joubert, by die eindstreep. Foto verskaf.

Beenbreuk stuit haar nie om rit te voltooi nie

Date: 21 August 2015 By: Isabel Venter

Mékayle Geyer is ‘n Triegie-held. Sy het die afgelope naweek die trane gesluk en steeds punte aangeteken vir Hoërskool Louis Trichardt se bergfietspan wat deelgeneem het aan die Limpopo Skole-liga se tweede uitdaag.

Die tweede uitdaag van die Limpopo DebtSafe Skole Bergfietsreeks, die Tour de Lake XCO,is Saterdag by Stanford Lake College beslis.

Mékayle, wat nog nie lank fietsry nie, het die been agter in haar skouer langs die skouerbal gebreek toe sy met die fiets geval het. Sy het die stof afgeskud en met haar beseerde skouer en al toe maar haar fiets oor die eindstreep gestoot - en steeds nie laaste klaargemaak nie! Sy het haar drie rondtes voltooi in ‘n tyd van 51:30.62 en agtste geëindig in haar ouderdomskategorie.

Mékayle se poging, plus dié van haar spanmaats, het verseker dat Triegies ‘n tweedeplek beklee op die punteleer. Kanse lyk goed dat daar meer as een van die skool se fietsryers gekies sal word vir die Limpopospan ná afloop van die uitdaagreeks.

Kombo Bere wen weer die wedren, wat oor vyf rondtes in die seunskategorie en vier rondtes vir die meisies beslis is.

Ander ryers wat goed presteer het in hul onderskeie ouderdomskategorieë, was Richard Lambert (2de), James Raper (4de), Joleen de Swardt (5de), Chris Knoesen (6de), Gerhart Meyer (7de), Turner de Swardt (7de), Marno van Zyl (8ste), Charné Labuschagne (9de), Rynhardt Knoesen (11de), Marli Muller (11de), Erich Meyer (14de), Tanika Wiggill (16de), Dillon Niemann (23ste) en Pee-Jay Greyling (20ste).

Die uitslae is verkry van TimeMe.co.za.

 
 
 

Viewed: 304

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT