ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die wenners van Laerskool Messina se jaarlikse fietstoer tussen Bokmakierie en Tshipise. Voor, van links na regs, is Tiaan Naudé, Nathan Greig, Pieter Uys en Luan Esterhuizen. Agter is Diana van Niekerk, Kirsten Nelson, Joné Geyer, Jenita Devdhara, Hanri Bezuidenhout en me. Gill Solomom (organiseerder). Foto verskaf.

Graad 7-fietstoer sorg vanjaar vir verrassing

Date: 28 August 2015 By: News Correspondent

Daar was op 21 Augustus weer groot opgewonden­heid by Laerskool Messina, want dit was weer tyd vir die Graad 7-leer­linge se jaarlikse fietstoer.

Die leerlinge ry met hul fiet­se vanaf Bokmakierie tot by Tshipise, met die Graad 7-ouers wat die waterpunte beman. Ná die laaste waterpunt volg daar gewoonlik ‘n resies onder die kinders om te bepaal wie eerste in Tshipise aankom. Vir die eer­ste keer in 34 jaar het dié eer ‘n meisie te beurt geval, met Diana van Niekerk wat eerste eindig. Die daaropvolgende vyf plekke (tweede tot sesde) het gegaan aan Nathan Greig, Joné Geyer, Pieter Uys, Luan Esterhuizen en Kirsten Nelson.

Sjokolade is ook uitgedeel aan fietsryers wat buitegewoon pre­steer het. Een van hulle was Tiaan Naudé, wat beide se elmboë nerf­af geval het, maar steeds aanhou ry het om uiteindelik algeheel 11de klaar te maak. Jenita Dev­dhara het die moed gehad om die afstand op ‘n klein pienk fietsie te voltooi vir ‘n algehele 20ste plek, terwyl Handri Bezuidenhout, te midde van siekwees, ook klaar gery het.

Die organiseerder van die wedren, me. Gill Solomon, het na afloop daarvan haar dank uitgespreek teenoor die borge van die dag, naamlik Tshipise Forever Resort (Pieter Erasmus), Howard Knott (vragmotor),  “Brood” Smit (wors vir die fiets­ryers), die Graad 7 ma’s vir die vier waterpunte, Michelle Geyer (eerstehulp), Gloria Lekalakala  (Energade), Graad 7 ouers (vrugte, hout, lekkergoed, water, sap, slaai en kontant), Charl Nelson (herstel van fietse), Janetta Uys (water) en al die Graad 7’s wat deelgeneem het. “Sonder julle borgskappe sou die dag nie moontlik gewees het nie,” het Gill gesê.

 
 
 

Viewed: 320

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

Die leerlinge ry met hul fietse vanaf Bokmakierie tot by Tshipise, met die Graad 7-ouers wat die waterpunte beman. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT