ADVERTISEMENT:

 

 
 

Kombo Bere van Hoërskool Louis Trichardt was die afgelope naweek die algehele wenner van die junior-afdeling vir seuns tydens die Tour de Lip – die finaal van die Limpopo DebtSafe skole bergfietsreeks. Hy is onoorwonne in die reeks, wat bestaan het uit vier wedrenne, en word derhalwe verkies tot die Limpopo-span wat op 4 Oktober by Hoërskool Bekker gaan deelneem aan die nasionale Spur Skole Bergfietsreeks teen die land se ander provinsiale skoolspanne. 

Harde werk vir fietsryers op pad na Bekker

Date: 25 September 2015 By: Andries van Zyl

Te midde van die bloed, sweet en ‘n paar trane was daar Saterdag geen gebrek aan sportmangees nie tussen die bykans 200 kinders wat deelgeneem het aan die finaal van die Limpopo DebtSafe skole bergfietsreeks, die Tour de Lip.

Hoërskool Louis Trichardt het as gasheer opgetree van dié provinsiale finaal in die Hanglip bosbouplantasie. Dit is voorafgegaan deur drie ander provinsiale kragmetings, naamlik dieTour de Gat in Phalaborwa, Tour de Lake by Stanford Lake College en Tour de Pot in Mokopane.

Al vier kragmetings het gedien as kwalifisering vir die finaal van die landswye Spur Skole Bergfietsreeks wat op 3 en 4 Oktober by Hoërskool Bekker in Gauteng beslis word. Die Saterdag sal bergfietsryers van regoor die land teen mekaar te staan kom in hul onderskeie ouderdomsgroepe om ‘n skolewenner aan te wys, waarna die land se onderskeie provinsiale spanne die Sondag sal kragte meet teen onder meer Namibië en Zimbabwe ook, om te bepaal watter provinsie se ryers die beste is. Die kinders het dus op provinsiale vlak hard gewerk vir ‘n plek in beide ‘n skolespan vir die Saterdag, maar ook ‘n plek in die provinsiale span vir die Sondag. Daar word verwag dat digby ‘n 1 000 ryers oor die twee dae sal deelneem, met van die land se top skole wat verteenwoordig sal word.

Hoërskool Louis Trichardt het vanjaar 'n grootse poging aangewend en as naaswenners in die provinsiale reeks uit die stryd getree, nadat 13 van hul fietsryers Saterdag in die eerste top 10 plekke in hul onderskeie ouderdomsgroepe geëindig het. Die wedrenne word beslis in Olimpiese XCO (cross-country)-formaat, waar daar in die onderskeie ouderdomsgroepe rondtes om ‘n vasgestelde baan gery word. Punte word slegs toegeken aan kinders en hul skool ten opsigte van die eerste- tot tiendeplekke wat behaal word.

Vir Hoërskool Louis Trichardt het Richard Lambert (youth-afdeling) en Kombo Bere (junior-afdeling) eerste in hul onderskeie ouderdomsgroepe geëindig. Gerhart Meyer (junior) en Joleen de Swardt (youth) het vierdeplekke ingepalm, terwyl Turner de Swardt (youth), Francois Labuschagne (junior) en Charné Labuschagne (junior) in vyfdeplekke geëindig het. Marli Muller (junior) was sesde in haar afdeling, met Heine de Jager (youth) en Carlien Jordaan (junior) wat spog met agsteplekke. Tiendeplekke word verower deur James Raper (youth), Tanika Wiggill (junior) en Marno van Zyl (junior). Marno het uitstekend herstel om onder die top 10 te eindig uit ‘n veld van 27 fietsryers, nadat ‘n tegniese probleem met sy fiets hom in sy eerste rondte bykans vyf minute gekos het.

Buiten vir Hoërskool Louis Trichardt se fietsryers, het heelwat plaaslike kinders van Laerskool Louis Trichardt, Ridgeway Independent School, Ridgeway College en Stanford Lake College ook deelgeneem en top-10 plekke gekry het.

In hul eerste wedren samel Laerskool Louis Trichardt (LS LTT) net 14 punte in, maar hul verbeter hierop deur 52 punte in te samel in hul laaste wedren en eindig algeheel 13de uit die 18 skole wat deelgeneem het.

In die Nipper-afdeling vir seuns O/10 eindig Coenraad Burger (LS LTT) negende, en in dieSprog-afdeling vir seuns palm Heinrich Volschenk (LS LTT) ‘n sewende plek in. Die jong Casper Venter van Stanford eindig eerste in die sub-junior afdeling vir seuns, terwyl oud-Triegie Natasha Janse van Rensburg en nou leerling van Hoërskool Merensky ‘n sewendeplek losry in die junior afdeling vir meisies. Nog ‘n plaaslike jong fietsryer, Douglas Archer van Ridgeway College, werk op sy beurt hard vir ‘n algehele derdeplek in die junior-afdeling vir seuns.

Stanford Lake College is na afloop van Saterdag se finaal aangewys as algehele wenners van die provinsiale liga. As wenskool kan hulle 12 fietsryers inskryf vir die skolekompetisie by Bekker volgende naweek. As naaswenners het sewe van Hoërskool Louis Trichardt se fietsryers deurgedring na die skolekompetisie by Bekker. Hulle is Kombo Bere, Richard Lambert, Turner de Swardt, Marno van Zyl, Gerhart Meyer, Charné Labuschagne en Joleen de Swardt. Douglas Archer gaan ook saam met die groep om sy skool te verteenwoordig by Bekker.

Buiten dat hul deel is van Hoërskool Louis Trichardt se skolespan, word Kombo en Richard ook gekies vir die Limpopo-span wat die provinsie die Sondag by Bekker sal verteenwoordig. Om gekies te word vir die Limpopo-span, moes die ryers onoorwonne in hul onderskeie ouderdomsgroepe uit die vier provinsiale wedrenne uit die stryd tree. 

 
 
 

Viewed: 2065

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Richard Lambert (Hoërskool Louis Trichardt) tree ook onoorwonne in sy ouderdomskategorie uit die stryd na afloop van die Tour de Lip die afgelope naweek, wat gedien het as finaal van die Limpopo DebtSafe skole bergfietsreeks. Hy word saam met spanmaat Kombo Bere opgeneem in die Limpopo-span. 

Douglas Archer van Ridgeway College in Louis Trichardt is ook op pad na die finaal van die nasionale Spur Skole Bergfietsreeks by Hoërskool Bekker, waar hy sy skool op Saterdag, 3 Oktober, sal verteenwoordig in die skolekompetisie.

Hoërskool Louis Trichardt se bergfiets skolespan glimlag breed nadat hulle as skool algeheel tweede eindig in die Limpopo DebtSafe skole bergfietsreeks.

Hierdie groep fietsryers van Hoërskool Louis Trichardt het na afloop van hul prestasies in die Limpopo DebtSafe skole bergfietsreeks gekwalifiseer om hul skool te gaan verteenwoordig tydens die nasionale Spur Bergfiets-skolekompetisie op 3 Oktober by Hoërskool Bekker. Voor, van links na regs, is Joleen de Swardt, Marno van Zyl en Charné Labuschagne. Agter is Richard Lambert, Gerhart Meyer, Kombo Bere en Turner de Swardt. Kombo en Richard word ook opgeneem in die Limpopo-span, nadat hulle onoorwonne in die provinsiale liga in hul ouderdomsgroepe uit die stryd tree. Die twee sal as deel van die provinsiale span op Sondag, 4 Oktober, teen die res van die land, asook spanne uit Namibië en Zimbabwe, te staan kom by Bekker in die provinsiale wedrenne.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT