ADVERTISEMENT:

 

 
 

Theo Le Roux

Streek lewer nog ‘n SA-kampioen

Date: 20 November 2015 By: News Correspondent

Die Soutpansberg het nog ‘n Suid-Afrikaanse kampioen opgelewer. Die jong Theo Le Roux, lid van die Louis Trichardt Stoeiklub, het op 9 en 10 Oktober deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe in Kaapstad.

Alhoewel Theo nog O/14 is, het hy deelgeneem in die O/15-ouderdomsgroep in die gewigsklas 54 tot 58 kg. Tydens die kampioenskap verower hy ‘n goue medalje in die Grieks Romeinse afdeling. Daardeur verwerf hy ook sy junior nasionale kleure.

Dit is die eerste keer in die plaaslike stoeiklub se geskiedenis dat hulle ‘n Suid-Afrikaanse kampioen oplewer in die Grieks Romeinse afdeling. Buiten vir sy goue medalje, verwerf Theo ook ‘n silwer medalje in die vrystyl afdeling.

Hy is ook die enigste stoeier in Limpopo wat vanjaar kan spog met ‘n goue en silwer medalje tydens die kampioenskappe.

 
 
 

Viewed: 463

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT