ADVERTISEMENT:

 

 
 

Phillip Apea-Abdu van Hoërskool Louis Trichardt moes ongelukkig sy plek op die podium afstaan aan die atlete van Hoërskool Piet Potgieter en Frans du Toit die afgelope naweek.

Triegies wys dit is leeuwêreld

Date: 05 February 2016 By: Isabel Venter

Hoërskool Louis Trichardt het die afgelope twee naweke vir hulle teenstanders gewys: Hierdie is die wêreld van die Triegie Leeu!

Voorverlede naweek, op 23 Januarie, het die skool gasheer gespeel vir ‘n seweskole-atletiekbyeenkoms. Die deelnemende skole was Falcon College, Groblersdal Academy, Hoërskool Eric Louw, Ridgeway College, Merensky Hoërskool en Noorderland.

Nie net het die Triegies twee bekerwenners opgelewer nie, maar het hulle sommer behoorlik die goud op die tuisveld gehou. Johannes Joubert is aangewys as die beste junior baanatleet en Richard Lambert as die beste senior veldatleet.

Die Triegie Leeus wat uitgeblink het tydens hierdie geleentheid, was Mudodzwa Luvha wat vier eerste plekke losgenael in die 110mH, 300mH, 100m en 200m. Tebogo Masekele het net so goed gehardloop en drie eerste plekke behaal in die 100m, 90mH en 200m. Richard Lambert behaal eerste plekke in hoogspring, spiesgooi en verspring, terwyl Iné du Plessis eerste oor die wenstreep is in die 100m en 100mH. Sy behaal ook 'n eerste plek in die verspring.

Die afgelope naweek het Triegies nog ‘n vyf-skole atletiekbyeenkoms aangebied waartydens Hoërskool Piet Potgieter, Ridgeway Independent College, Hoërskool Eric Louw en Hoërskool Frans du Toit kom deelneem het.

Triegies se staatmaker tydens hierdie geleentheid was weer Mudodzwa Luvha wat vier eerste plekke inpalm in die 100m, 200m, 100mH en 300mH. Dakalo Ramabulana wen eerste plekke in die ver- en driesprong en 400mH.

Atlete wat almal twee goue medaljes gewen het, was FC Phillipson (diskus en gewigstoot), Linita Cilliers (90mH, 300mH), Zwonake Mbedzi (driesprong, verspring), Pieter Guillaume (diskus en spiesgooi), Maggie Kemp (diskus, gewigstoot), Iné du Plessis (100mH en hoogspring) en DJ du Preez (diskus en spiesgooi).

Die atlete wat almal een eerste plek behaal het, was Rosemary Ravhuhali (driesprong), David Stoltz (100m), Modjadji Sefole (verspring), Hope Maimela (driesprong), Michaela Gilfillan (spiesgooi), Nicole Pentz (400mH), Pfariso Maraga (verspring), Leandri Muller (spiesgooi), Mari Naudé (hoogspring) en La’ Care Mathabi (hoogspring). Die seuns O/14-, seuns O/17- en meisies O/17 aflosspanne het ook elkeen ‘n eerste plek losgehardloop.

 
 
 

Viewed: 654

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Leandri de Jager in aksie by die gewigsoot tydens die afgelope naweek se vyf-skole atletiekbyeenkoms wat by Hoërskool Louis Trichardt aangebied is.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT