ADVERTISEMENT:

 

 
 

Kremetart Fietswedren

Publiek kan ook stalletjies bespreek

Date: 26 May 2016 By: Andries van Zyl

Met slegs sowat ‘n week oor tot vanjaar se Kremetart Fietswedren vanaf 3 tot 4 Junie, het inwoners nou die kans om ook ‘n stalletjie tydens hierdie gewilde fietsrynaweek te bespreek.

Volgens Rina Vermeulen, een van die organiseerders, het hulle reeds al die diensorganisasies en kerke genader om ‘n stalletjie te bespreek. Daar is egter ook nou geleentheid vir individue om nog ‘n stalletjie te bespreek vir die naweek. “Buiten vir die koeldrank wat binne en buite die biertuin verkoop sal word, sal daar vanjaar slegs een kosstalletjie per soort toegelaat word. Herhalings van kossoorte sal nie toegelaat word nie,” het Vermeulen gesê. 

Stalletjies wat reeds bevestig is, sluit in biltong, sosaties, worsbroodjies, hamburger en tjips, Flippen lekka Chipstix, seep en skoonmaakprodukte, koffie/tee en warm sjokolade, vetkoek-en-maalvleis, juwele en lekkergoed en stokworsies. Daar is ook een stalletjie beskikbaar vir pannekoek en koffie by Schoemansdal die Saterdag.

Koste beloop R500 per stalletjie vir Vrydag en Saterdag by Hoërskool Louis Trichardt se Leeupark en R250 vir Sondag se Kremetart XCO (bergfiets). Vir Sondag is slegs vier staanplekke beskikbaar.

Vir meer inligting of om ‘n stalletjie te bespreek, skakel Rina by tel. 083 297 6925 of stuur ‘n e-pos aan haar by [email protected]. “Ons doen ‘n beroep op die publiek om die Kremetart in sy volle glorie te kom ondersteun,” het Rina gesê.

 

 
 
 

Viewed: 911

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT