ADVERTISEMENT:

 

 
 

Krieket

Vivo te sterk vir Ou Manne

Date: 12 August 2016 By: Anton van Zyl

Die krieketspan van Vivo het Sondag met die Ou Manne-span afgereken en sodoende na die bopunt van die Mamparra Krieketliga geskuif.

Sondag se wedstryd is op Cloud’s End se veld beslis en die Ou Manne het eerste gaan kolf. Kobus Barkhuizen (36 n.u.n.) het ‘n goeie grondslag gelê, maar ongelukkig het hy nie genoeg kolfmaats gehad wat saam met hom die lang steel kon inlê nie. Martin Venter (42) het teen die einde van die beurt by Wayne Steyn (15 n.u.n.) aangesluit en die telling na 155 geneem in die toegelate 20 beurte.

Vivo se beste boulers was Fielie du Toit, wat vier paaltjies platgetrek het.

Vivo se kolfbeurt het goed begin, met André van Jaarsveld wat 32 n.u.n. gemoker het, bygestaan deur Shaun White (18). Hierna het Fielie du Toit (13), Koos van Amstel (23) en Jimmy van Amstel (20) die telbord laat aanskuif. Fanie van Jaarsveld (19 n.u.n.) het die telling verby 155 geneem met 5 paaltjies plat. Geen van die Ou Manne kon meer as een paaltjie neem nie.

Eerskomende Sondag speel die Dorpspan teen die span van Makhulu. Hierdie wedstryd sal bepaal wie aan die bopunt van die punteleer eindig en wie in die eindstryd teen mekaar te staan sal kom.

 
 
 

Viewed: 1019

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT