ADVERTISEMENT:

 

 
 

Dorspan bespreek hul plek in Mamparra-finaal

Date: 18 August 2016 By: Anton van Zyl

Die Dorpspan het Sondag afgereken met die Makhulu-span en sodoende hul plek in die eindstryd van die Mamparra Krieketliga bespreek.

Die Dorpspan het eerste gaan kolf en ‘n allemintige 268 lopies in 20 beurte aangeteken. AJ Fourie (10) het die slagting begin, maar Gerhardus Fourie (33) en Warno Smit (32) het die telbord laat aanrol. Leon Olwage (75 n.u.n.), Craig Viljoen (37) en Leon Furstenburg (33) het die boulers erg gekasty, veral teen die einde van die beurt. Joubert Fourie (11) en Christo Gerber (13) het ook ‘n beskeie bydrae gelewer.

Vir Makhulu het Kobus Barkhuizen (wat as “huursoldaat” gespeel het) goed met die bal vertoon en vier paaltjies geneem terwyl hy 16 lopies in sy twee beurte afgestaan het.

Makhulu het danksy Beukes Haasbroek (50 n.u.n.) goed begin, maar die ervare Joubert Fourie het drie vinnige paaltjies geneem om die kolfspan onder druk te plaas. Die paaltjies het hierna vinnig bly val en Wouter Smit (44) en MJ Ras (17) se laat bydraes was nie genoeg nie. Die span is uitgehaal vir ‘n skaflike 170.

Buiten Joubert se drie paaltjies het Leon Olwage en Jaco Botha ook elk twee paaltjies platgetrek.

Die span van die Dorp kom op Saterdag, 3 September, in die finaal van die liga teen die span van Vivo te staan.

 
 
 

Viewed: 857

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT