ADVERTISEMENT:

 

 
 

Laerskool Louis Trichardt se ster ryer, Simoné Oberholzer (middel), het die afgelope naweek die sub-junior meisiesafdeling van die Tour de Pot gemaklik gewen. Saam met haar staan naaswenner Jani Jordaan van Kingfisher Privaatskool, en Hoërskool Louis Trichardt se Dominique Nel (regs) wat derde was. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

Harde werk begin vrugte afwerp vir jong fietsryers

Date: 11 September 2016 By: Andries van Zyl

Laerskool Louis Trichardt se bergfietsspan het die afgelope naweek, tydens die Tour de Pot provinsiale skole Spur-bergfietsliga in Mokopane, gewys dat hulle voortaan ‘n mag sal wees om mee rekening te hou.

Met hul ouer eweknieë van Hoërskool Louis Trichardt wat tans ver voorloop op die provinsiale punteleer, sit ‘n span vrywilligers baie tyd en energie in die laerskool-spannetjie in om te verseker dat hulle later sal voortbou om die dorp se sukses in die hoërskoleliga.

Laerskool Louis Trichardt se ster ryer, Simoné Oberholzer, het die afgelope naweek weereens geskitter in Mokopane, toe sy die sub-junior meisiesafdeling gemaklik ingepalm het met ‘n gesamentlike tyd van 00:47:01 oor twee rondtes, ‘n volle twee-en-‘n-half minute voor haar naaste teenstander, Jani Jordaan van Kingfisher Privaatskool. Hier was Hoërskool Louis Trichardt se Dominique Nel derde in 00:51:39. Simoné loop tans voor in haar ouderdomsgroep op die provinsiale punteleer en sal waarskynlik kwalifiseer om vanjaar aan haar eerste nasionale kampioenskap by Hoërskool Bekker deel te neem. Twee seuns van die jong Triegie-span wat in die sub-junior afdeling deelgeneem het, was Trevor en Shaun de Beer. Trevor was 23ste in 00:51:15 oor twee rondtes en Shaun 27ste in 00:53:48.

Die res van die jongspan in die Triegie-laerskool span het ook goed presteer. Catelyn de Beer het onder die top 10 in die negende plek in die Nippers-meisiesafdeling geëindig in ‘n tyd van 00:27:25 oor twee rondtes. In dieselfde afdeling vir seuns was Brendan Bruce vierde in ‘n tyd van 00:19:52 oor twee rondtes, met Reynard Wilson 11de in 00:23:16, Iwan van den Heever 13de in 00:23:46, Nicolas Archer 20ste in 00:26:10 en Xavier Kotzee 29ste in 00:33:39.

Die enigste Triegie-meisie wat deelgeneem het aan die Sprogs-afdeling vir meisies was Michelle Steyn. Sy was algeheel negende in ‘n tyd van 00:41:03 oor drie rondtes. Daar was ook net een Triegie-seun wat in die seunsafdeling van hierdie kategorie deelgeneem het. Jaques du Preez eindig algeheel 29ste in ‘n tyd van 00:40:15 oor drie rondtes.

Die spannetjie maak tans gereed vir deelname aan die laaste van die Spur XCO-ligabepaling, die Tour de Lip in die Hanglip-plantasie buite Louis Trichardt op 17 September.

 
 
 

Viewed: 882

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT